Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

2 Chronicles 17

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

2CHRON 17:1 En sy seun Jósafat het in sy plek koning geword en hom versterk teen Israel.
2CHRON 17:2 En hy het 'n leërmag in al die versterkte stede van Juda geplaas en wagposte in die land Juda opgestel en in die stede van Efraim wat sy vader Asa ingeneem het.
2CHRON 17:3 En die HERE was met Jósafat, want hy het in die vroeëre weë van sy vader Dawid gewandel en die Baäls nie gesoek nie,
2CHRON 17:4 maar die God van sy vader gesoek en in sy gebooie gewandel en nie gedoen soos Israel nie.
2CHRON 17:5 Daarom het die HERE die koningskap in sy hand bevestig; en die hele Juda het aan Jósafat geskenke gegee, sodat hy rykdom en eer in oorvloed gehad het.
2CHRON 17:6 En sy hart het moedig geword in die weë van die HERE, en verder het hy die hoogtes en die heilige boomstamme uit Juda verwyder.
2CHRON 17:7 En in die derde jaar van sy regering het hy sy owerstes Ben-Hail en Obádja en Sagaría en Netáneël en Migája gestuur om in die stede van Juda onderrig te gee;
2CHRON 17:8 en saam met hulle die Leviete Semája en Netánja en Sebádja en Asahel en Semíramot en Jónatan en Adónia en Tobía en Tob-Adónia, die Leviete; en saam met hulle die priesters Elisáma en Joram.
2CHRON 17:9 En hulle het in Juda onderrig gegee met die wetboek van die HERE by hulle, en in al die stede van Juda rondgegaan en onder die volk onderrig gegee.
2CHRON 17:10 En 'n skrik vir die HERE het gekom oor al die koninkryke van die lande wat rondom Juda was, sodat hulle nie teen Jósafat oorlog gevoer het nie.
2CHRON 17:11 En van die Filistyne het vir Jósafat geskenke en 'n vrag silwer gebring; selfs die Arabiere het vir hom kleinvee gebring: sewe duisend sewe honderd ramme en sewe duisend sewe honderd bokke.
2CHRON 17:12 So het Jósafat dan aldeur groter geword, buitengewoon groot, en in Juda forte en voorraadstede gebou.
2CHRON 17:13 En hy het groot voorrade in die stede van Juda gehad, en krygsmanne, dapper helde, in Jerusalem.
2CHRON 17:14 En dit was hulle getal volgens hulle families: Van Juda was owerstes oor duisend: die owerste Adna en saam met hom drie honderd duisend dapper helde;
2CHRON 17:15 en naas hom was die owerste Jóhanan en saam met hom twee honderd en tagtig duisend;
2CHRON 17:16 en naas hom was Amásia, die seun van Sigri, wat hom gewillig getoon het vir die HERE, en saam met hom twee honderd duisend dapper helde;
2CHRON 17:17 en uit Benjamin was Éljada, 'n dapper held, en saam met hom twee honderd duisend, gewapen met boog en skild;
2CHRON 17:18 en naas hom was Jósabad en saam met hom honderd en tagtig duisend, vir kommando gewapen.
2CHRON 17:19 Hulle was in die diens van die koning, behalwe die wat die koning in die versterkte stede deur die hele Juda geplaas het.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com