Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Acts 11

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

ACTS 11:1 En die apostels en die broeders wat in Judéa was, het gehoor dat die heidene ook die woord van God aangeneem het.
ACTS 11:2 En toe Petrus opgaan na Jerusalem, het die wat uit die besnydenis was, met hom getwis
ACTS 11:3 en gesê: By onbesnede manne het jy in die huis gegaan en saam met hulle geëet.
ACTS 11:4 En Petrus het begin en vir hulle die loop van die saak uiteengesit en gesê:
ACTS 11:5 Ek was in die stad Joppe in die gebed, en in 'n verrukking van sinne het ek 'n gesig gesien: 'n voorwerp het uit die hemel neergedaal soos 'n groot laken wat aan die vier hoeke uit die hemel neergelaat word, en dit het tot by my gekom.
ACTS 11:6 En toe ek die oë daarop hou en dit waarneem, sien ek die viervoetige diere van die aarde en die wilde en die kruipende diere en die voëls van die hemel.
ACTS 11:7 En ek hoor 'n stem vir my sê: Staan op, Petrus, slag en eet!
ACTS 11:8 Maar ek antwoord: Nooit nie, Here, want niks onheiligs of onreins het ooit in my mond ingegaan nie.
ACTS 11:9 En die stem het die tweede keer my uit die hemel geantwoord: Wat God rein gemaak het, mag jy nie onheilig ag nie.
ACTS 11:10 En dit het drie maal gebeur en alles is weer opgetrek in die hemel.
ACTS 11:11 En dadelik staan daar drie manne voor die huis waar ek in was, wat van Cesaréa na my gestuur was.
ACTS 11:12 En die Gees het vir my gesê dat ek saam met hulle moes gaan sonder om te twyfel. En saam met my het ook hierdie ses broeders gegaan, en ons het in die huis van die man ingegaan.
ACTS 11:13 En hy het ons vertel hoe hy die engel in sy huis sien staan het en vir hom sê: Stuur manne na Joppe en laat vir Simon haal wat ook Petrus genoem word;
ACTS 11:14 hy sal woorde tot jou spreek waardeur jy en jou hele huis gered sal word.
ACTS 11:15 En toe ek begin spreek, het die Heilige Gees op hulle geval soos ook op ons in die begin.
ACTS 11:16 En ek het die woord van die Here onthou, hoe Hy gesê het: Johannes het met water gedoop, maar julle sal met die Heilige Gees gedoop word.
ACTS 11:17 As God dan aan hulle dieselfde gawe gegee het soos aan ons wat in die Here Jesus Christus geglo het, wie was ek dan, dat ek God kon verhinder?
ACTS 11:18 En toe hulle dit hoor, het hulle geswyg en God verheerlik en gesê: So het God dan ook aan die heidene die bekering tot die lewe geskenk.
ACTS 11:19 Die wat dan verstrooi was deur die verdrukking wat oor Stéfanus ontstaan het, het die land deurgegaan tot by Fenícië en Ciprus en Antiochíë sonder om tot iemand die woord te spreek, behalwe tot die Jode alleen.
ACTS 11:20 En daar was sommige van hulle, Cipriese en Cirenése manne, wat in Antiochíë gekom het en met die Griekssprekende Jode gepraat en die evangelie van die Here Jesus verkondig het.
ACTS 11:21 En die hand van die Here was met hulle, en 'n groot getal het gelowig geword en hulle tot die Here bekeer.
ACTS 11:22 En die berig hiervan het die gemeente wat in Jerusalem was, ter ore gekom en hulle het Bárnabas afgestuur om die land deur te gaan tot by Antiochíë.
ACTS 11:23 Toe hy daar kom en die genade van God sien, was hy bly en het almal vermaan om met hartlike voorneme aan die Here getrou te bly;
ACTS 11:24 want hy was 'n goeie man en vol van die Heilige Gees en geloof; en 'n aansienlike skare is aan die Here toegebring.
ACTS 11:25 Toe vertrek Bárnabas na Tarsus om Saulus te soek, en toe hy hom kry, het hy hom na Antiochíë gebring.
ACTS 11:26 En hulle het 'n hele jaar lank in die gemeente saam vergader en aan 'n aansienlike skare onderwys gegee; en die dissipels is in Antiochíë vir die eerste keer Christene genoem.
ACTS 11:27 En in dié dae het daar profete van Jerusalem na Antiochíë afgekom.
ACTS 11:28 En een van hulle met die naam van Agabus het opgestaan en deur die Heilige Gees te kenne gegee dat daar 'n groot hongersnood oor die hele wêreld sou kom, wat ook gekom het onder keiser Claudius.
ACTS 11:29 En die dissipels het besluit dat iedereen van hulle na sy vermoë iets sou stuur tot versorging van die broeders wat in Judéa woon.
ACTS 11:30 En dit het hulle ook gedoen en dit deur Bárnabas en Saulus aan die ouderlinge gestuur.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com