Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Acts 14

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

ACTS 14:1 En op dieselfde wyse het hulle in Ikónium in die sinagoge van die Jode ingegaan en so gespreek dat 'n groot menigte Jode sowel as Grieke gelowig geword het.
ACTS 14:2 Maar die ongehoorsame Jode het die gemoedere van die heidene teen die broeders opgehits en verbitter.
ACTS 14:3 Hulle het toe 'n geruime tyd daar deurgebring en vrymoediglik gespreek in die Here, wat aan die woord van sy genade getuienis gegee het deur te beskik dat tekens en wonders deur hulle hande plaasvind.
ACTS 14:4 En die menigte van die stad was verdeeld, en sommige het met die Jode en ander met die apostels saamgegaan.
ACTS 14:5 Maar toe daar onder die heidene en ook onder die Jode, saam met hulle owerstes, 'n beweging ontstaan het om hulle te mishandel en te stenig,
ACTS 14:6 het hulle dit gewaargeword en gevlug na die stede van Likaónië, Listre en Derbe en die omstreke.
ACTS 14:7 En daar het hulle die evangelie verkondig.
ACTS 14:8 En in Listre het daar 'n man gesit wat magteloos was aan sy voete, kreupel van sy geboorte af, en hy het nooit geloop nie.
ACTS 14:9 Hy het geluister terwyl Paulus spreek; en Paulus het die oë op hom gehou, en, toe hy sien dat hy geloof het om gesond te word,
ACTS 14:10 met 'n groot stem gesę: Staan regop op jou voete! En hy het opgespring en begin rondloop.
ACTS 14:11 En toe die skare sien wat Paulus gedoen het, verhef hulle hul stem en sę in Likaónies: Die gode het soos mense geword en neergedaal na ons toe.
ACTS 14:12 En hulle het vir Bárnabas Júpiter genoem, en vir Paulus Mercurius, omdat hy die woordvoerder was.
ACTS 14:13 En die priester van Júpiter wie se tempel voor hulle stad was, het stiere en kranse na die poorte gebring en wou saam met die skare offer.
ACTS 14:14 Maar toe die apostels, Bárnabas en Paulus, dit hoor, het hulle hul klere geskeur en onder die skare ingespring en geroep
ACTS 14:15 en gesę: Manne, waarom doen julle hierdie dinge? Ons is net sulke mense soos julle, en ons verkondig die evangelie dat julle jul van hierdie nietige dinge moet bekeer tot die lewende God wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daarin is, gemaak het.
ACTS 14:16 Hy het in die tye wat verby is, toegelaat dat al die nasies in hulle eie weë sou wandel,
ACTS 14:17 al het Hy Homself nie onbetuig gelaat nie, deur goed te doen, van die hemel vir ons reën en vrugbare tye te gee en ons harte met voedsel en vrolikheid te vervul.
ACTS 14:18 Selfs met hierdie woorde het hulle met moeite die skare verhinder om aan hulle te offer.
ACTS 14:19 Maar daar het Jode van Antiochíë en Ikónium aangekom, en hulle het, nadat hulle die skare omgepraat het, Paulus gestenig en hom buitekant die stad gesleep, met die gedagte dat hy dood was.
ACTS 14:20 Maar toe die dissipels hom omring, het hy opgestaan en in die stad gekom en die volgende dag saam met Bárnabas na Derbe vertrek.
ACTS 14:21 En nadat hulle aan daardie stad die evangelie verkondig en 'n aantal dissipels gemaak het, het hulle teruggegaan na Listre en Ikónium en Antiochíë,
ACTS 14:22 en die siele van die dissipels versterk en hulle vermaan om in die geloof te bly deur te sę: Ons moet deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan.
ACTS 14:23 En hulle het in elke gemeente vir hulle ouderlinge gekies, en hulle, ná gebed en vas, opgedra aan die Here in wie hulle geglo het.
ACTS 14:24 Toe gaan hulle deur Pisídië en kom in Pamfílië;
ACTS 14:25 en nadat hulle die woord in Perge verkondig het, het hulle afgegaan na Attálië.
ACTS 14:26 En daarvandaan het hulle weggevaar na Antiochíë, waar hulle aan die genade van God opgedra was vir die werk wat hulle volbring het.
ACTS 14:27 En toe hulle daar kom en die gemeente saamgeroep het, het hulle verslag gedoen van al die dinge wat God met hulle gedoen het, en dat Hy 'n deur van geloof vir die heidene geopen het.
ACTS 14:28 En hulle het daar by die dissipels 'n geruime tyd deurgebring.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com