Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Acts 19

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28]

ACTS 19:1 En terwyl Apollos in Korinthe was, het Paulus die boonste landstreke deurgereis en in Éfese gekom; en daar het hy sommige dissipels gevind
ACTS 19:2 en hulle gevra: Het julle die Heilige Gees ontvang toe julle gelowig geword het? En hulle antwoord hom: Ons het nie eens gehoor dat daar 'n Heilige Gees is nie.
ACTS 19:3 En hy vra hulle: Met watter doop is julle dan gedoop? En hulle antwoord: Met die doop van Johannes.
ACTS 19:4 Daarop sę Paulus: Johannes het met die doop van bekering gedoop en aan die volk gesę dat hulle moes glo in die Een wat ná hom kom, dit is in Christus Jesus.
ACTS 19:5 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus.
ACTS 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelę, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.
ACTS 19:7 En altesaam was hulle omtrent twaalf manne.
ACTS 19:8 En hy het in die sinagoge ingegaan en vrymoediglik drie maande lank met hulle geredeneer en hulle probeer oortuig van die dinge wat die koninkryk van God aangaan.
ACTS 19:9 Maar toe sommige hulle verhard en ongehoorsaam was en voor die menigte aanhou kwaadspreek van die Weg, het hy van hulle weggegaan en die dissipels afsonderlik geneem en elke dag in die skool van 'n sekere Tiránnus samesprekinge gehou.
ACTS 19:10 En dit het twee jaar lank geduur, sodat al die inwoners van Asië die woord van die Here Jesus gehoor het, Jode sowel as Grieke.
ACTS 19:11 En God het buitengewone kragte deur die hande van Paulus gedoen,
ACTS 19:12 sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy lyf was, op die siekes gelę is, die siektes van hulle gewyk en die bose geeste van hulle uitgegaan het.
ACTS 19:13 En sommige van die rondtrekkende Jode, duiwelbesweerders, het dit gewaag om die Naam van die Here Jesus te noem oor die wat bose geeste gehad het, en te sę: Ons besweer julle by die Jesus wat Paulus verkondig!
ACTS 19:14 Dit was sekere sewe seuns van Skeva, 'n Joodse owerpriester, wat dit gedoen het.
ACTS 19:15 Maar die bose gees het geantwoord en gesę: Jesus ken ek, en van Paulus weet ek, maar julle, wie is julle?
ACTS 19:16 Toe spring die man in wie die bose gees was, op hulle en oormeester en oorweldig hulle, sodat hulle naak en gewond uit daardie huis gevlug het.
ACTS 19:17 En dit het bekend geword aan al die Jode en Grieke wat in Éfese woon, en vrees het op hulle almal geval, en die Naam van die Here Jesus is groot gemaak.
ACTS 19:18 En baie van die wat gelowig geword het, het belydenis kom doen en hulle dade bekend gemaak;
ACTS 19:19 en verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaargebring en voor almal verbrand; en hulle het die waarde daarvan bereken en gevind dat dit vyftig duisend silwerstukke was.
ACTS 19:20 So het die woord van die Here met krag gegroei en sterk geword.
ACTS 19:21 En toe hierdie dinge verby was, het Paulus hom voorgeneem om deur Macedónië en Acháje te gaan en na Jerusalem te reis. Hy het gesę: Nadat ek daar gewees het, moet ek Rome ook sien.
ACTS 19:22 Daarop stuur hy twee van sy helpers, Timótheüs en Erástus, na Macedónië, terwyl hy self nog 'n tyd lank in Asië gebly het.
ACTS 19:23 En omtrent hierdie tyd het daar geen klein opskudding met betrekking tot die Weg ontstaan nie.
ACTS 19:24 Want iemand met die naam van Demétrius, 'n silwersmid, maker van silwertempeltjies van Diana, het 'n aansienlike verdienste aan die ambagsmanne verskaf.
ACTS 19:25 En toe hy hulle en die werkers in daardie soort bedrywe bymekaargeroep het, sę hy: Manne, julle weet dat ons welvaart uit hierdie verdienste is,
ACTS 19:26 en julle sien en hoor dat nie alleen in Éfese nie, maar byna in die hele Asië, hierdie Paulus 'n aansienlike skare oorgehaal en afvallig gemaak het deur te sę dat dit geen gode is wat met hande gemaak word nie.
ACTS 19:27 Nou is daar nie alleen gevaar dat hierdie vak van ons in veragting kom nie, maar ook dat die tempel van die groot godin Diana as niks gereken word, en dat haar majesteit wat die hele Asië, ja, die węreld, vereer, ook tot niet sal gaan.
ACTS 19:28 En toe hulle dit hoor, is hulle met woede vervul en het geskreeu en gesę: Groot is die Diana van die Efésiërs!
ACTS 19:29 Daarop raak die hele stad heeltemal in verwarring, en hulle storm soos een man na die skouburg en sleep Gajus en Aristárchus saam, Macedóniërs wat reisgenote van Paulus was.
ACTS 19:30 En toe Paulus onder die volk wou ingaan, het die dissipels hom dit nie toegelaat nie.
ACTS 19:31 En sommige van die owerstes van Asië wat sy vriende was, het ook na hom gestuur en hom gesmeek dat hy hom nie in die skouburg moes begeef nie.
ACTS 19:32 Hulle het dan aangehou skreeu, sommige dit en ander dat; want die vergadering was in die war, en die meeste het nie geweet waarvoor hulle bymekaargekom het nie.
ACTS 19:33 En hulle het Alexander uit die skare vorentoe laat kom, omdat die Jode hom vorentoe gestoot het; en Alexander het met die hand gewink en wou hom by die volk verdedig.
ACTS 19:34 Maar toe hulle verstaan dat hy 'n Jood is, gaan daar een geroep van almal op terwyl hulle omtrent twee uur lank skreeu: Groot is die Diana van die Efésiërs!
ACTS 19:35 Maar die stadsklerk het die skare tot bedaring gebring en gesę: Efésiërs, watter mens is daar tog wat nie weet dat die stad van die Efésiërs die tempelbewaarder is van die groot godin Diana en van die beeld wat uit die hemel geval het nie?
ACTS 19:36 Terwyl dit dan nie weerspreek kan word nie, behoort julle rustig te wees en niks onbedags te doen nie.
ACTS 19:37 Want julle het hierdie manne gebring, wat geen tempelrowers is nie en ook nie julle godin laster nie.
ACTS 19:38 As Demétrius en sy ambagsmanne dan 'n saak teen iemand het, die hofsittings word gehou, en daar is regters: laat hulle mekaar aanklaag.
ACTS 19:39 Maar as julle nog iets anders verlang, dit sal in die wettige vergadering beslis word.
ACTS 19:40 Want ons loop gevaar om oor die oproer van vandag aangeklaag te word, aangesien daar geen grond is waarop ons sal kan rekenskap gee van hierdie oploop nie.
ACTS 19:41 (19:40) En met hierdie woorde het hy die vergadering ontbind.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com