Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Hebrews 13

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

HEB 13:1 Die broederliefde moet bly.
HEB 13:2 Vergeet die gasvryheid nie, want daardeur het sommige, sonder om dit te weet, engele as gaste geherberg.
HEB 13:3 Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook 'n liggaam het.
HEB 13:4 Laat die huwelik in alle opsigte eerbaar wees en die bed onbesmet; want God sal hoereerders en egbrekers oordeel.
HEB 13:5 Julle gedrag moet vry van geldgierigheid wees. Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie.
HEB 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my 'n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal 'n mens aan my doen?
HEB 13:7 Gedenk julle voorgangers wat die woord van God aan julle verkondig het; aanskou die uiteinde van hulle lewenswandel en volg hulle geloof na.
HEB 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
HEB 13:9 Moenie rondgeslinger word deur allerhande en vreemde leringe nie; want dit is goed dat die hart versterk word deur genade, nie deur voedsel nie, waarvan die wat daarin gewandel het, geen voordeel gehad het nie.
HEB 13:10 Ons het 'n altaar waarvan die wat die tabernakel bedien, geen reg het om te eet nie;
HEB 13:11 want die diere waarvan die bloed vir die sonde deur die hoëpriester in die heiligdom ingedra word--hulle liggame word buitekant die laer verbrand.
HEB 13:12 Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely.
HEB 13:13 Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra.
HEB 13:14 Want ons het hier geen blywende stad nie, maar ons soek die toekomstige.
HEB 13:15 Laat ons dan gedurig deur Hom aan God 'n lofoffer bring, dit is die vrug van die lippe wat sy Naam bely.
HEB 13:16 Vergeet die weldadigheid en mededeelsaamheid nie, want God het 'n welbehae aan sulke offers.
HEB 13:17 Wees gehoorsaam aan julle voorgangers en onderdanig, want hulle waak vir julle siele as diegene wat rekenskap moet gee, sodat hulle dit met blydskap kan doen en nie al sugtende nie; want dit is vir julle nie nuttig nie.
HEB 13:18 Bid vir ons, want ons is oortuig dat ons 'n goeie gewete het, omdat ons in alles goed wil wandel.
HEB 13:19 Des te meer vermaan ek julle om dit te doen, sodat ek gouer aan julle teruggegee kan word.
HEB 13:20 Mag die God van die vrede, wat die groot Herder van die skape, naamlik onse Here Jesus Christus, deur die bloed van die ewige testament uit die dode teruggebring het,
HEB 13:21 julle volmaak in elke goeie werk, om sy wil te doen, deur in julle te werk wat welbehaaglik is voor Hom deur Jesus Christus aan wie die heerlikheid toekom tot in alle ewigheid! Amen.
HEB 13:22 En ek vermaan julle, broeders, verdra die woord van vermaning, want ek het ook maar kort aan julle geskrywe.
HEB 13:23 Julle moet weet dat die broeder Timótheüs vrygelaat is, saam met wie ek julle sal sien as hy spoedig kom.
HEB 13:24 Groet al julle voorgangers en al die heiliges. Die wat van Italië is, groet julle.
HEB 13:25 Die genade sy met julle almal! Amen.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com