Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Hebrews 3

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13]

HEB 3:1 Daarom, heilige broeders, deelgenote van die hemelse roeping, let op die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis, Christus Jesus,
HEB 3:2 wat getrou was aan Hom wat Hom aangestel het, net soos Moses ook in sy hele huis.
HEB 3:3 Want Hy is meer heerlikheid waardig geag as Moses, namate hy wat die huis gebou het, meer eer het as die huis;
HEB 3:4 want elke huis word deur iemand gebou, maar Hy wat alle dinge gebou het, is God.
HEB 3:5 En Moses was wel getrou in sy hele huis as 'n dienaar, om te getuig van wat nog gespreek sou word,
HEB 3:6 maar Christus as Seun oor sy huis. En ons is sy huis as ons net die vrymoedigheid en die roem van die hoop tot die einde toe onwrikbaar vashou.
HEB 3:7 Daarom, soos die Heilige Gees spreek: Vandag as julle sy stem hoor,
HEB 3:8 verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie,
HEB 3:9 waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het.
HEB 3:10 Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie,
HEB 3:11 sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
HEB 3:12 Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle 'n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie.
HEB 3:13 Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie.
HEB 3:14 Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou;
HEB 3:15 omdat daar gesê word: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie soos in die verbittering nie.
HEB 3:16 Wie was dit dan wat gehoor het en Hom verbitter het? Was dit nie almal wat onder leiding van Moses uit Egipte gegaan het nie?
HEB 3:17 En op wie was Hy veertig jaar lank vertoornd? Was dit nie op die wat gesondig het, wie se lyke in die woestyn geval het nie?
HEB 3:18 En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames?
HEB 3:19 En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com