Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

1 Kings 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22]

1KINGS 10:1 En toe die koningin van Skeba die gerug van Salomo hoor in verband met die Naam van die HERE, het sy gekom om hom met raaisels op die proef te stel.
1KINGS 10:2 En sy het na Jerusalem gekom met 'n baie groot trek, met kamele wat speserye en 'n menigte goud en edelgesteentes dra; en toe sy by Salomo inkom, het sy met hom gespreek oor alles wat in haar hart was.
1KINGS 10:3 En Salomo het haar al haar woorde verklaar; geen woord was vir die koning te diepsinnig om haar dit te verklaar nie.
1KINGS 10:4 Toe die koningin van Skeba dan al die wysheid van Salomo sien en die huis wat hy gebou het,
1KINGS 10:5 en die voedsel van sy tafel en hoe sy dienaars sit en sy bediendes staan, en hulle klere, en sy dranke en sy trap waarmee hy opklim in die huis van die HERE, was daar in haar geen gees meer nie.
1KINGS 10:6 Daarop sê sy aan die koning: Die woord was waarheid wat ek in my land gehoor het oor u en oor u wysheid;
1KINGS 10:7 en ek het die woorde nie geglo nie, totdat ek gekom en my oë gesien het; en kyk, die helfte is my nie meegedeel nie. U oortref in wysheid en in welvaart die gerug wat ek gehoor het.
1KINGS 10:8 Gelukkig is u manne, gelukkig hierdie dienaars van u wat gedurig voor u staan, wat u wysheid hoor.
1KINGS 10:9 Geloofd sy die HERE u God wat behae in u gehad het om u op die troon van Israel te laat sit! Omdat die HERE Israel vir ewig liefhet, het Hy u as koning aangestel om reg en geregtigheid te doen.
1KINGS 10:10 Verder het sy aan die koning honderd en twintig talente goud en 'n groot menigte speserye en edelgesteentes gegee; daar het nooit weer so 'n menigte speserye ingekom as wat die koningin van Skeba aan koning Salomo gegee het nie.
1KINGS 10:11 Maar ook die skepe van Hiram wat goud uit Ofir gaan haal het, het uit Ofir 'n groot menigte sandelhout en edelgesteentes gebring.
1KINGS 10:12 En van die sandelhout het die koning trapleunings gemaak vir die huis van die HERE en die huis van die koning, en siters en harpe vir die sangers; so het daar geen sandelhout ingekom en is daar nie gesien tot vandag toe nie.
1KINGS 10:13 En koning Salomo het aan die koningin van Skeba al haar begeerte gegee wat sy gevra het, bo wat hy haar na die vermoë van koning Salomo gegee het. Daarop het sy omgedraai en na haar land getrek, sy en haar dienaars.
1KINGS 10:14 En die gewig van Salomo se inkomste aan goud in een jaar was ses honderd ses en sestig talente goud,
1KINGS 10:15 behalwe wat ingekom het van die koopmans wat rondtrek, en van die wins van die handelaars en van al die konings van die gemengde bevolking en van die goewerneurs van die land.
1KINGS 10:16 En koning Salomo het twee honderd groot skilde van geslae goud gemaak; ses honderd sikkels goud het hy op elke groot skild gebruik;
1KINGS 10:17 en drie honderd klein skilde van geslae goud; drie mines goud het hy op elke klein skild gebruik, en die koning het dit in die huis van die Líbanon-bos gesit.
1KINGS 10:18 Verder het die koning 'n groot troon van ivoor gemaak en dit met suiwer goud oorgetrek.
1KINGS 10:19 Die troon het ses trappe gehad, en die kopstuk van die troon was van agter rond, en aan weerskante was trapleunings by die sitplek, terwyl twee leeus langs die leunings staan.
1KINGS 10:20 Daarby het twaalf leeus daar op die ses trappe aan weerskante gestaan; so iets is nooit vir enige koninkryk gemaak nie.
1KINGS 10:21 En die hele drinkservies van koning Salomo was van goud, en al die voorwerpe van die huis van die Líbanon-bos van fyn goud; silwer was daar nie by nie: dit is in die dae van Salomo as niks gereken nie.
1KINGS 10:22 Want die koning het Tarsis-skepe op die see gehad by die skepe van Hiram; een maal in drie jaar het die Tarsis-skepe ingekom, gelaai met goud en silwer, ivoor en ape en poue.
1KINGS 10:23 So het koning Salomo dan groter geword as al die konings van die aarde, in rykdom en wysheid.
1KINGS 10:24 En die hele wêreld het die aangesig van Salomo gesoek om sy wysheid te hoor wat God in sy hart gegee het,
1KINGS 10:25 terwyl elkeen van hulle sy geskenk saambring: silwervoorwerpe en goue voorwerpe en klere en wapens en speserye, perde en muile, jaar vir jaar.
1KINGS 10:26 Verder het Salomo strydwaens en perderuiters versamel, sodat hy veertien honderd waens en twaalf duisend perderuiters gehad het; en hy het dit in die stede vir die waens en by die koning in Jerusalem opgestel.
1KINGS 10:27 Verder het die koning die silwer in Jerusalem gemaak soos klippe en die seders gemaak soos wildevyebome wat in die Laeveld is, in menigte.
1KINGS 10:28 En die uitvoer van perde vir Salomo was uit Egipte en uit Kwé; handelaars van die koning het dit uit Kwé gaan haal teen koopprys.
1KINGS 10:29 En 'n wa het uit Egipte opgekom, en dit is verkoop vir ses honderd sikkels silwer, en 'n perd vir honderd en vyftig; en so is dit vir al die konings van die Hetiete en vir die konings van Aram deur hulle uitgevoer.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com