Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Joshua 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24]

JOSH 12:1 En dit is die konings van die land wat die kinders van Israel verslaan en wie se land hulle in besit geneem het oos van die Jordaan, teen sonop; van die Arnonrivier af tot by die berg Hermon, en die hele Vlakte teen die ooste:
JOSH 12:2 Sihon, die koning van die Amoriete wat in Hesbon gewoon het, wat geheers het van Aroër af wat aan die kant van die Arnonrivier lę: van die middel van die rivier af en oor die helfte van Gílead tot by die Jabbokrivier, die grens van die kinders van Ammon;
JOSH 12:3 en oor die Vlakte tot by die Kínnerotsee, na die ooste toe, en tot by die See van die Vlakte, die Soutsee, oostelik in die rigting van Bet-Hajésimot en teen die suide onderaan die hange van Pisga;
JOSH 12:4 en die grondgebied van Og, die koning van Basan, uit 'n oorblyfsel van die Refaďete, wat in Astarot en Edréď gewoon het,
JOSH 12:5 en wat geheers het oor die gebergte Hermon en oor Salka en oor die hele Basan tot by die grens van die Gesuriete en die Maägatiete, en tot die helfte van Gílead, die grondgebied van Sihon, die koning van Hesbon.
JOSH 12:6 Moses, die kneg van die HERE, en die kinders van Israel het hulle verslaan; en Moses, die kneg van die HERE, het dit as 'n besitting gegee aan die Rubeniete en die Gadiete en die halwe stam van Manasse.
JOSH 12:7 En dit is die konings van die land wat Josua en die kinders van Israel verslaan het, duskant die Jordaan na die weste toe: van Baäl-Gad in die laagte van die Líbanon af tot by die Kaal Berg wat oploop na Seďr toe; en Josua het dit as 'n besitting aan die stamme van Israel gegee volgens hulle afdelings--
JOSH 12:8 op die Gebergte en in die Laeveld en in die Vlakte en aan die hange en in die woestyn en in die Suidland: die Hetiete, Amoriete en Kanaäniete, die Feresiete, Hewiete en Jebusiete:
JOSH 12:9 die koning van Jérigo, een; die koning van Ai wat langsaan Bet-el lę, een;
JOSH 12:10 die koning van Jerusalem, een; die koning van Hebron, een;
JOSH 12:11 die koning van Jarmut, een; die koning van Lagis, een;
JOSH 12:12 die koning van Eglon, een; die koning van Geser, een;
JOSH 12:13 die koning van Debir, een; die koning van Geder, een;
JOSH 12:14 die koning van Horma, een; die koning van Arad, een;
JOSH 12:15 die koning van Libna, een; die koning van Adúllam, een;
JOSH 12:16 die koning van Makkéda, een; die koning van Bet-el, een;
JOSH 12:17 die koning van Tappúag, een; die koning van Hefer, een;
JOSH 12:18 die koning van Afek, een; die koning van Lassáron, een;
JOSH 12:19 die koning van Madon, een; die koning van Hasor, een;
JOSH 12:20 die koning van Simron-Meron, een; die koning van Agsaf, een;
JOSH 12:21 die koning van Táänag, een; die koning van Megíddo, een;
JOSH 12:22 die koning van Kedes, een; die koning van Jókneam, by die Karmel, een;
JOSH 12:23 die koning van Dor, op die hoëveld van Dor, een; die koning van die heidene by Gilgal, een;
JOSH 12:24 die koning van Tirsa, een--al die konings saam, een en dertig.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com