Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Joshua 21

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24]

JOSH 21:1 Toe het die familiehoofde van die Leviete nader gekom na Eleásar, die priester, en na Josua, die seun van Nun, en na die familiehoofde van die stamme van die kinders van Israel,
JOSH 21:2 en met hulle gespreek in Silo, in die land Kanaän, en gesê: Die HERE het deur die diens van Moses bevel gegee dat aan ons stede afgestaan moet word om in te woon, met hulle weiveld vir ons vee.
JOSH 21:3 Toe het die kinders van Israel aan die Leviete, volgens die bevel van die HERE, uit hulle erfdeel die volgende stede met hulle weiveld afgestaan:
JOSH 21:4 Die lot het uitgekom vir die geslagte van die Kehatiete; en die kinders van Aäron, die priester, uit die Leviete, het ontvang uit die stam van Juda en uit die stam van Símeon en uit die stam van Benjamin, deur die lot, dertien stede;
JOSH 21:5 en die ander kinders van Kehat, uit die geslagte van die stam van Efraim en uit die stam van Dan en uit die halwe stam van Manasse, deur die lot, tien stede;
JOSH 21:6 en die kinders van Gerson, uit die geslagte van die stam van Issaskar en uit die stam van Aser en uit die stam van Náftali en uit die halwe stam van Manasse in Basan, deur die lot, dertien stede;
JOSH 21:7 en die kinders van Merári, volgens hulle geslagte, uit die stam van Ruben en uit die stam van Gad en uit die stam van Sébulon, twaalf stede.
JOSH 21:8 So het dan die kinders van Israel aan die Leviete hierdie stede met hulle weiveld deur die lot gegee, soos die HERE deur die diens van Moses beveel het.
JOSH 21:9 Verder het hulle, uit die stam van die kinders van Juda en uit die stam van die kinders van Símeon, hierdie stede gegee wat hulle met hul name genoem het:
JOSH 21:10 die kinders van Aäron dan, uit die geslagte van die Kehatiete, uit die kinders van Levi, het ontvang--want die eerste lot was vir hulle--
JOSH 21:11 en aan hulle is gegee: die stad van Arba, die vader van Anok, dit is Hebron, op die gebergte van Juda, met sy weiveld daaromheen;
JOSH 21:12 maar die saaigrond van die stad, met sy dorpe, het hulle aan Kaleb, die seun van Jefúnne, as sy besitting gegee.
JOSH 21:13 En aan die kinders van Aäron, die priester, het hulle gegee Hebron, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het, met sy weiveld, en Libna met sy weiveld,
JOSH 21:14 en Jattir met sy weiveld, en Estemóa met sy weiveld,
JOSH 21:15 en Holon met sy weiveld, en Debir met sy weiveld,
JOSH 21:16 en Ajin met sy weiveld, en Jutta met sy weiveld, en Bet-Semes met sy weiveld: nege stede uit hierdie twee stamme.
JOSH 21:17 En uit die stam van Benjamin: Gíbeon met sy weiveld, en Geba met sy weiveld,
JOSH 21:18 en Anatot met sy weiveld, en Almon met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:19 Al die stede van die kinders van Aäron, die priesters, was dertien stede met hulle weiveld.
JOSH 21:20 En die geslagte van die kinders van Kehat, die Leviete, wat nog oor was van die kinders van Kehat, het hulle stede wat deur die lot aangewys was, ontvang uit die stam van Efraim;
JOSH 21:21 en hulle het aan hulle gegee: die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Sigem met sy weiveld op die gebergte van Efraim, en Geser met sy weiveld,
JOSH 21:22 en Kibsáim met sy weiveld, en Bet-Horon met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:23 En uit die stam van Dan: Élteke met sy weiveld, Gíbbeton met sy weiveld,
JOSH 21:24 Ajalon met sy weiveld, Gat-Rimmon met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:25 En uit die helfte van die stam van Manasse: Táänag met sy weiveld, en Gat-Rimmon met sy weiveld: twee stede;
JOSH 21:26 alles saam tien stede met hulle weiveld vir die geslagte van die kinders van Kehat wat nog oorgebly het.
JOSH 21:27 En aan die kinders van Gerson uit die geslagte van die Leviete: uit die halwe stam van Manasse, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Golan in Basan met sy weiveld, en Beëstéra met sy weiveld: twee stede.
JOSH 21:28 En uit die stam van Issaskar: Kisjon met sy weiveld, en Daberat met sy weiveld,
JOSH 21:29 Jarmut met sy weiveld, En-Gannim met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:30 En uit die stam van Aser: Miseal met sy weiveld, Abdon met sy weiveld,
JOSH 21:31 Helkat met sy weiveld, en Rehob met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:32 En uit die stam van Náftali, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Kedes in Galiléa met sy weiveld, en Hammot-Dor met sy weiveld, en Kartan met sy weiveld: drie stede;
JOSH 21:33 al die stede van die Gersoniete, volgens hulle geslagte, was dertien stede met hulle weiveld.
JOSH 21:34 En aan die geslagte van die kinders van Merári, die Leviete wat nog oor was--uit die stam van Sébulon: Jókneam met sy weiveld, Karta met sy weiveld,
JOSH 21:35 Dimna met sy weiveld, Náhalal met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:36 En uit die stam van Ruben: Beser met sy weiveld, en Jahas met sy weiveld,
JOSH 21:37 Kedémot met sy weiveld, en Mefáät met sy weiveld: vier stede.
JOSH 21:38 En uit die stam van Gad, die vrystad vir hom wat 'n doodslag begaan het: Ramot in Gílead met sy weiveld, en Mahanáim met sy weiveld,
JOSH 21:39 Hesbon met sy weiveld, Jaéser met sy weiveld: alles saam vier stede.
JOSH 21:40 Al die stede was vir die kinders van Merári, volgens hulle geslagte wat nog oor was uit die geslagte van die Leviete; en hulle lot was twaalf stede.
JOSH 21:41 Al die stede van die Leviete, tussen die besitting van die kinders van Israel in, was agt en veertig stede met hulle weiveld.
JOSH 21:42 Hierdie stede het stad vir stad rondom hulle weiveld gehad; so was dit met al hierdie stede.
JOSH 21:43 So het die HERE dan die hele land aan Israel gegee wat Hy hulle vaders met 'n eed beloof het om hulle te gee; en hulle het dit in besit geneem en daarin gaan woon.
JOSH 21:44 En die HERE het hulle aan alle kante rus gegee net soos Hy hulle vaders met 'n eed beloof het; en niemand van al hul vyande het voor hulle standgehou nie; al hulle vyande het die HERE in hulle hand gegee.
JOSH 21:45 Geen woord van al die goeie woorde wat die HERE met die huis van Israel gespreek het, het onvervuld gebly nie; alles het uitgekom.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com