Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Numbers 26

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

NUM 26:1 En ná die plaag het die HERE met Moses en met Eleásar, die seun van die priester Aäron, gespreek en gesę:
NUM 26:2 Neem julle die volle getal van die hele vergadering van die kinders van Israel op, van twintig jaar oud en daarbo, volgens hulle families, almal wat op kommando moet uittrek in Israel.
NUM 26:3 En Moses en die priester Eleásar het hulle toegespreek in die vlaktes van Moab, by die Jordaan van Jérigo, en gesę:
NUM 26:4 Laat hulle opneem van twintig jaar oud en daarbo, soos die HERE Moses beveel het. En die kinders van Israel wat uit Egipteland uitgetrek het, was:
NUM 26:5 Ruben, die eersgeborene van Israel; die seuns van Ruben was: van Henog die geslag van die Henogiete; van Pallu die geslag van die Palluďete;
NUM 26:6 van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Karmi die geslag van die Karmiete.
NUM 26:7 Dit is die geslagte van die Rubeniete; en hulle geteldes was drie en veertig duisend sewe honderd en dertig.
NUM 26:8 En die seuns van Pallu was: Elíab;
NUM 26:9 en die seuns van Elíab was: Némuel en Datan en Abíram. Dit is Datan en Abíram wat na die vergadering opgeroep was, wat getwis het teen Moses en Aäron in die bende van Korag toe daar teen die HERE getwis is.
NUM 26:10 En die aarde het sy mond oopgemaak en hulle verslind, saam met Korag, toe die bende gesterf het deurdat die vuur die twee honderd en vyftig man verteer het; en hulle het tot 'n teken geword.
NUM 26:11 Maar die seuns van Korag het nie gesterf nie.
NUM 26:12 Die seuns van Símeon volgens hulle geslagte: van Némuel die geslag van die Nemueliete; van Jamin die geslag van die Jaminiete; van Jagin die geslag van die Jaginiete;
NUM 26:13 van Serag die geslag van die Sargiete; van Saul die geslag van die Sauliete.
NUM 26:14 Dit is die geslagte van die Simeoniete, twee en twintig duisend twee honderd.
NUM 26:15 Die seuns van Gad volgens hulle geslagte: van Sefon die geslag van die Sefoniete; van Haggi die geslag van die Haggiete; van Suni die geslag van die Suniete;
NUM 26:16 van Osni die geslag van die Osniete; van Eri die geslag van die Eriete;
NUM 26:17 van Arod die geslag van die Arodiete; van Areëli die geslag van die Areëliete.
NUM 26:18 Dit is die geslagte van die seuns van Gad volgens hulle geteldes, veertig duisend vyf honderd.
NUM 26:19 Die seuns van Juda was: Er en Onan; maar Er en Onan het gesterwe in die land Kanaän.
NUM 26:20 En die seuns van Juda volgens hulle geslagte: van Sela die geslag van die Selaniete; van Peres die geslag van die Parsiete; van Serag die geslag van die Sargiete.
NUM 26:21 En die seuns van Peres: van Hesron die geslag van die Hesroniete; van Hamul die geslag van die Hamuliete.
NUM 26:22 Dit is die geslagte van Juda volgens hulle geteldes, ses en sewentig duisend vyf honderd.
NUM 26:23 Die seuns van Issaskar volgens hulle geslagte: van Tola die geslag van die Tolaďete; van Puwa die geslag van die Puniete;
NUM 26:24 van Jasub die geslag van die Jasubiete; van Simron die geslag van die Simroniete.
NUM 26:25 Dit is die geslagte van Issaskar volgens hulle geteldes, vier en sestig duisend drie honderd.
NUM 26:26 Die seuns van Sébulon volgens hulle geslagte: van Sered die geslag van die Sardiete; van Elon die geslag van die Eloniete; van Jágleël die geslag van die Jagleëliete.
NUM 26:27 Dit is die geslagte van die Sebuloniete volgens hulle geteldes, sestig duisend vyf honderd.
NUM 26:28 Die seuns van Josef volgens hulle geslagte was: Manasse en Efraim.
NUM 26:29 Die seuns van Manasse: van Magir die geslag van die Magiriete. En Magir was die vader van Gílead; van Gílead die geslag van die Gileadiete.
NUM 26:30 Dit is die seuns van Gílead: van Jeser die geslag van die Jesriete; van Helek die geslag van die Helkiete;
NUM 26:31 en van Asriël die geslag van die Asriëliete; en van Segem die geslag van die Sigmiete;
NUM 26:32 en van Semída die geslag van die Semidaďete; en van Hefer die geslag van die Hefriete.
NUM 26:33 Maar Selófhad, die seun van Hefer, het geen seuns gehad nie, maar net dogters. En die name van die dogters van Selófhad was: Magla en Noa, Hogla, Milka en Tirsa.
NUM 26:34 Dit is die geslagte van Manasse; en hulle geteldes was twee en vyftig duisend sewe honderd.
NUM 26:35 Dit is die seuns van Efraim volgens hulle geslagte: van Sutélag die geslag van die Sutalgiete; van Beger die geslag van die Bagriete; van Tahan die geslag van die Tahaniete.
NUM 26:36 En dit is die seuns van Sutélag: van Eran die geslag van die Eraniete.
NUM 26:37 Dit is die geslagte van die seuns van Efraim volgens hulle geteldes, twee en dertig duisend vyf honderd. Dit is die seuns van Josef volgens hulle geslagte.
NUM 26:38 Die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte: van Bela die geslag van die Baliete; van Asbel die geslag van die Asbeliete; van Ahíram die geslag van die Ahiramiete;
NUM 26:39 van Sefúfam die geslag van die Sufamiete; van Hufam die geslag van die Hufamiete.
NUM 26:40 En die seuns van Bela was: Ard en Naäman; van Ard die geslag van die Ardiete; van Naäman die geslag van die Naämiete.
NUM 26:41 Dit is die seuns van Benjamin volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf en veertig duisend ses honderd.
NUM 26:42 Dit is die seuns van Dan volgens hulle geslagte: van Suham die geslag van die Suhamiete. Dit is die geslagte van Dan volgens hulle geslagte.
NUM 26:43 Al die geslagte van die Suhamiete volgens hulle geteldes was vier en sestig duisend vier honderd.
NUM 26:44 Die seuns van Aser volgens hulle geslagte: van Jimna die geslag van die Jimnaďete; van Jiswi die geslag van die Jiswiete; van Bería die geslag van die Beriďete;
NUM 26:45 van die seuns van Bería: van Heber die geslag van die Hebriete; van Málkiël die geslag van die Malkiëliete.
NUM 26:46 En die naam van die dogter van Aser was Serag.
NUM 26:47 Dit is die geslagte van die seuns van Aser volgens hulle geteldes, drie en vyftig duisend vier honderd.
NUM 26:48 Die seuns van Náftali volgens hulle geslagte: van Jágseël die geslag van die Jagseëliete; van Guni die geslag van die Guniete;
NUM 26:49 van Jeser die geslag van die Jisriete; van Sillem die geslag van die Sillemiete.
NUM 26:50 Dit is die geslagte van Náftali volgens hulle geslagte; en hulle geteldes was vyf en veertig duisend vier honderd.
NUM 26:51 Dit is die geteldes van die kinders van Israel: ses honderd en een duisend sewe honderd en dertig.
NUM 26:52 En die HERE het met Moses gespreek en gesę:
NUM 26:53 Vir hierdie mense moet die land as erfenis verdeel word volgens die getal name.
NUM 26:54 Vir die wat baie is, moet jy hulle erfdeel groot maak; en vir die wat min is, moet jy hulle erfdeel klein maak; aan elke stam moet sy erfdeel volgens sy geteldes gegee word.
NUM 26:55 Nogtans moet die land deur die lot verdeel word; volgens die name van hulle voorvaderlike stamme moet hulle erwe.
NUM 26:56 Volgens die lot moet hulle erfenis verdeel word tussen die wat baie en die wat min is.
NUM 26:57 En dit is die geteldes van Levi volgens hulle geslagte: van Gerson die geslag van die Gersoniete; van Kehat die geslag van die Kehatiete; van Merári die geslag van die Merariete.
NUM 26:58 Dit is die geslagte van Levi: die geslag van die Libniete, die geslag van die Hebroniete, die geslag van die Magliete, die geslag van die Musiete, die geslag van die Koragiete. En Kehat was die vader van Amram.
NUM 26:59 En die naam van Amram se vrou was Jogébed, die dogter van Levi wat vir Levi in Egipte gebore is; en vir Amram het sy gebaar: Aäron en Moses en Mirjam, hulle suster.
NUM 26:60 En vir Aäron is gebore: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
NUM 26:61 En Nadab en Abíhu het gesterwe toe hulle vreemde vuur voor die aangesig van die HERE gebring het.
NUM 26:62 En hulle geteldes was drie en twintig duisend, almal wat manlik was van 'n maand oud en daarbo. Want hulle is nie getel onder die kinders van Israel nie, omdat aan hulle geen erfdeel onder die kinders van Israel gegee is nie.
NUM 26:63 Dit is hulle wat deur Moses en die priester Eleásar getel is, wat die kinders van Israel in die vlaktes van Moab getel het, by die Jordaan van Jérigo.
NUM 26:64 En onder hulle was daar niemand van die wat deur Moses en die priester Aäron getel is nie, toe hulle die kinders van Israel in die woestyn Sinai getel het.
NUM 26:65 Want die HERE het van hulle gesę: Sterwe sal hulle in die woestyn! En van hulle het niemand oorgebly nie buiten Kaleb, die seun van Jefúnne, en Josua, die seun van Nun.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com