Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Numbers 34

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36]

NUM 34:1 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesę:
NUM 34:2 Gee bevel aan die kinders van Israel en sę vir hulle: As julle in die land Kanaän kom, sal dit die land wees wat aan julle as erfdeel sal val; die land Kanaän volgens sy grense.
NUM 34:3 Julle suidekant dan moet van die woestyn Sin af langs Edom wees; en julle suidelike grens moet aan die oostekant van die einde van die Soutsee af wees;
NUM 34:4 en julle grens moet suid van Skerpioennek swaai en oorloop na Sin toe, totdat dit doodloop suid van Kades-Barnéa; dan moet dit aanloop na Hasar-Addar en oor na Asmon toe.
NUM 34:5 Verder moet die grens swaai van Asmon af na die spruit van Egipte toe, sodat dit by die see doodloop.
NUM 34:6 Aangaande die westelike grens, dit moet vir julle die Groot See saam met sy gebied wees; dit moet julle westelike grens wees.
NUM 34:7 En dit moet julle noordelike grens wees: van die Groot See af moet julle jul grenslyn trek na die berg Hor.
NUM 34:8 Van die berg Hor af moet julle die grenslyn trek tot by die ingang na Hamat; en die grens moet doodloop by Sedad.
NUM 34:9 Dan moet die grens aanloop na Sifron toe, en dit moet doodloop by Hasar-Enan. Dit moet julle noordelike grens wees.
NUM 34:10 Verder moet julle as jul oostelike grens die lyn trek van Hasar-Enan af na Sefam toe.
NUM 34:11 En die grens moet afloop van Sefam af na Ribla toe, oos van Ajin; dan moet die grens afloop en skrams oor die hange van die meer Kinnéret gaan, aan die oostekant.
NUM 34:12 Verder moet die grens afloop na die Jordaan totdat dit doodloop by die Soutsee. Dit moet vir julle die land wees volgens sy grense rondom.
NUM 34:13 En Moses het aan die kinders van Israel bevel gegee en gesę: Dit is die land wat julle deur die lot as erfdeel sal verwerwe, wat die HERE beveel het om aan die nege stamme en aan die halwe stam te gee.
NUM 34:14 Want die stam van die kinders van die Rubeniete volgens hulle families en die stam van die kinders van die Gadiete volgens hulle families en die halwe stam van Manasse het al ontvang--hulle het hul erfdeel ontvang.
NUM 34:15 Die twee stamme en die halwe stam het hulle erfdeel aan die oostekant van die Jordaan van Jérigo, teen sonop, ontvang.
NUM 34:16 Verder het die HERE met Moses gespreek en gesę:
NUM 34:17 Dit is die name van die manne wat vir julle die land as erfenis moet verdeel: die priester Eleásar en Josua, die seun van Nun.
NUM 34:18 Daarby moet julle uit elke stam een owerste neem om die land as erfenis te verdeel.
NUM 34:19 En dit is die name van die manne: van die stam van Juda--Kaleb, die seun van Jefúnne;
NUM 34:20 en van die stam van Símeon se kinders--Sémuel, die seun van Ammihud;
NUM 34:21 van die stam van Benjamin--Elídad, die seun van Kislon;
NUM 34:22 en van die stam van Dan se kinders as owerste--Bukki, die seun van Jogli;
NUM 34:23 van die kinders van Josef: van die stam van Manasse se kinders as owerste--Hánniël, die seun van Efod;
NUM 34:24 en van die stam van Efraim se kinders as owerste--Kémuel, die seun van Siftan;
NUM 34:25 en van die stam van Sébulon se kinders as owerste--Elísafan, die seun van Parnag;
NUM 34:26 en van die stam van Issaskar se kinders as owerste--Páltiël, die seun van Assan;
NUM 34:27 en van die stam van Aser se kinders as owerste--Ahíhud, die seun van Selómi;
NUM 34:28 en van die stam van Náftali se kinders as owerste--Pedáel, die seun van Ammihud.
NUM 34:29 Dit is hulle aan wie die HERE bevel gegee het om die erfenis vir die kinders van Israel in die land Kanaän te verdeel.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com