Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Ezekiel 15

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48]

EZEK 15:1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesê:
EZEK 15:2 Mensekind, wat is die hout van die wingerdstok meer as al die hout--die wingerdrank wat onder die hout van die bos is?
EZEK 15:3 Word daar hout van geneem om vir 'n stuk werk te gebruik? Of neem 'n mens daar 'n pen van om allerhande goed aan op te hang?
EZEK 15:4 Kyk, dit is aan die vuur oorgegee om verteer te word; as die vuur sy twee ente verteer het en sy middelste stuk geskroei is, sal dit deug vir 'n stuk werk?
EZEK 15:5 Kyk, toe dit heel was, kon daar niks van gemaak word nie; hoeveel minder, as die vuur dit verteer het en dit geskroei is, sal daar dan nog iets van gemaak kan word.
EZEK 15:6 Daarom, so sê die Here HERE: Soos die hout van die wingerdstok is onder die hout van die bos, wat Ek aan die vuur oorgegee het om verteer te word, so het Ek die inwoners van Jerusalem oorgegee:
EZEK 15:7 Ek sal my aangesig teen hulle rig: uit die vuur het hulle voortgekom, en die vuur sal hulle verteer; en julle sal weet dat Ek die HERE is as Ek my aangesig teen hulle rig
EZEK 15:8 en die land 'n wildernis maak, omdat hulle troubreuk begaan het, spreek die Here HERE.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com