Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Ezekiel 45

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48]

EZEK 45:1 En as julle die land as erflike besitting verdeel, moet julle 'n offergawe aan die HERE afgee, 'n heilige plek uit die land; aangaande die lengte: vyf en twintig duisend el die lengte, en die breedte: twintig duisend; dit moet in sy hele omvang rondom heilig wees.
EZEK 45:2 Hiervan moet vir die heiligdom wees vyf honderd by vyf honderd el, 'n vierkant rondom; en dit moet 'n oop veld hê van vyftig el rondom.
EZEK 45:3 En van dié stuk wat afgemeet is, moet jy meet 'n lengte van vyf en twintig duisend el, en 'n breedte van tien duisend; en daarin moet die heiligdom, die Allerheiligste, lê.
EZEK 45:4 Dit moet die heilige plek wees uit die land; dit moet wees vir die priesters wat die heiligdom bedien, wat nader kom om die HERE te dien; en dit moet vir hulle dien as ruimte vir huise en 'n heiligdom vir die heiligdom.
EZEK 45:5 En vyf en twintig duisend el in lengte en tien duisend in breedte moet die stuk vir die Leviete, die dienaars van die huis, wees--'n besitting vir hulle, as stede om in te woon.
EZEK 45:6 En as besitting van die stad moet julle gee 'n breedte van vyf duisend en 'n lengte van vyf en twintig duisend el langs die heilige offergawe; vir die hele huis van Israel moet dit wees.
EZEK 45:7 En vir die vors: aan weerskante van die heilige offergawe en van die stadsbesitting, langs die heilige offergawe en langs die stadsbesitting, aan die westekant na die weste en aan die oostekant na die ooste; en die lengte moet wees ooreenkomstig een van die stamgedeeltes, van die westelike grens na die oostelike grens.
EZEK 45:8 Aangaande die grond, dit sal aan hom behoort as besitting in Israel, en my vorste sal my volk nie meer verdruk nie, maar aan die huis van Israel die land oorlaat volgens hulle stamme.
EZEK 45:9 So sê die Here HERE: Dit is nou genoeg, o vorste van Israel! Verwyder geweld en verdrukking, en doen reg en geregtigheid; hou op om my volk uit hulle besittings te verdring, spreek die Here HERE.
EZEK 45:10 Julle moet 'n regte weegskaal hê en 'n regte efa en 'n regte bat.
EZEK 45:11 'n Efa en 'n bat moet 'n vaste maat hê, sodat 'n bat die tiende van 'n homer bevat; ook 'n efa die tiende van 'n homer; die reëling daarvan moet wees volgens die homer.
EZEK 45:12 En die sikkel moet twintig gera wees; twintig sikkels, vyf en twintig sikkels, vyftien sikkels moet vir julle 'n mine wees.
EZEK 45:13 Dit is die offergawe wat julle moet afgee: die sesde van 'n efa van 'n homer koring; ook die sesde van 'n efa van 'n homer gars.
EZEK 45:14 En die bestemde deel van olie, van 'n bat olie: die tiende van 'n bat uit 'n kor, dit is tien bat, 'n homer; want tien bat is 'n homer.
EZEK 45:15 Verder van die kleinvee: een stuk uit twee honderd, uit die waterryke weiveld van Israel--as spysoffers en brandoffers en dankoffers om versoening vir hulle te doen, spreek die Here HERE.
EZEK 45:16 Al die mense van die land moet deel hê aan hierdie offergawe vir die vors in Israel.
EZEK 45:17 En op die vors rus die verpligting van die brandoffers en die spysoffer en die drankoffer op die feeste en op die nuwemane en op die sabbatte, op al die feestye van die huis van Israel; hy moet die sondoffer en die spysoffer en die brandoffer en die dankoffers berei, om versoening te doen vir die huis van Israel.
EZEK 45:18 So sê die Here HERE: In die eerste maand, op die eerste van die maand, moet jy 'n jong bul sonder gebrek neem en die heiligdom ontsondig.
EZEK 45:19 En die priester moet van die bloed van die sondoffer neem en dit aan die deurposte van die huis stryk en aan die vier hoeke van die omlysting van die altaar en aan die deurposte van die poort van die binneste voorhof.
EZEK 45:20 So moet jy ook doen op die sewende in die maand ter wille van die wat hulle uit swakheid of uit onwetendheid misgaan het; so moet julle dan vir die huis versoening doen.
EZEK 45:21 In die eerste maand, op die veertiende dag van die maand, moet vir julle die pasga wees; op die sewedaagse fees moet ongesuurde brode geëet word.
EZEK 45:22 En die vors moet op dié dag vir homself en vir die hele volk van die land 'n sondofferbul berei.
EZEK 45:23 En die sewe dae van die fees moet hy daagliks as brandoffer aan die HERE gereedmaak sewe bulle en sewe ramme sonder gebrek, gedurende die sewe dae, en daagliks 'n bokram as sondoffer.
EZEK 45:24 Ook moet hy as spysoffer berei 'n efa vir 'n bul en 'n efa vir 'n ram en 'n hin olie vir 'n efa.
EZEK 45:25 In die sewende maand, op die vyftiende dag van die maand, moet hy op die fees dieselfde offers gereedmaak gedurende die sewe dae: dieselfde sondoffer, dieselfde brandoffer en dieselfde spysoffer en dieselfde olie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com