Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Ezekiel 21

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48]

EZEK 21:1 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesę:
EZEK 21:2 Mensekind, rig jou aangesig teen Jerusalem en laat jou rede druppel teen die heiligdomme en profeteer teen die land van Israel;
EZEK 21:3 en sę aan die land van Israel: So spreek die HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, en Ek sal my swaard uit sy skede trek en uit jou uitroei die regverdige en die goddelose.
EZEK 21:4 Omdat Ek uit jou uitroei die regverdige en die goddelose, daarom sal my swaard uit sy skede uitgaan teen alle vlees, van die suide tot die noorde.
EZEK 21:5 En alle vlees sal weet dat Ek, die HERE, my swaard uit sy skede getrek het; dit sal nie meer daarin terugkeer nie.
EZEK 21:6 Maar jy, o mensekind, sug; sug voor hulle oë met verbreking van lendene en bitterheid.
EZEK 21:7 En as hulle vir jou sę: Waarom sug jy? dan moet jy antwoord: Oor die tyding, want dit kom; en elke hart sal versmelt, en al die hande sal slap word en elke gees sal verstomp en al die knieë sal wegvloei soos water. Kyk, dit kom, en dit sal gebeur, spreek die Here HERE.
EZEK 21:8 En die woord van die HERE het tot my gekom en gesę:
EZEK 21:9 Mensekind, profeteer en sę: So spreek die HERE. Sę: 'n Swaard, 'n swaard is skerpgemaak en ook geskuur;
EZEK 21:10 om 'n slagting aan te rig, is dit skerpgemaak, om soos weerlig te wees, is dit geskuur. (Of moet ons bly wees deur te sę: Die septer van my seun verag elke hout?)
EZEK 21:11 En Hy het dit gegee om te skuur, dat hulle dit in die hand kan vat; dit is skerpgemaak, die swaard, en dit is geskuur om dit in die hand te gee van hom wat doodslaan.
EZEK 21:12 Skreeu en huil, mensekind; want dit gaan teen my volk, dit gaan teen al die vorste van Israel: aan die swaard is hulle oorgelewer saam met my volk; daarom, slaan op die heup.
EZEK 21:13 Want die proef is gemaak--en hoe dan as ook die septer wat verag, daar nie meer sal wees nie? spreek die Here HERE.
EZEK 21:14 En jy, mensekind, profeteer en slaan hand teen hand, sodat die swaard verdubbel word, tot drievoudig toe, 'n moordende swaard is dit, 'n moorddadige swaard, die grote, wat hulle omsweef.
EZEK 21:15 Ek het die slagbank van die swaard opgestel teen al hulle poorte, dat die hart kan smelt en die struikelblokke baie kan wees. Ag, dit is gemaak tot 'n weerligstraal, dit is glad gemaak om te slag.
EZEK 21:16 Bly aanmekaar, o swaard! Gaan regs, maak 'n aanval, gaan links, waarheen jou snykant ook al gerig is.
EZEK 21:17 So sal Ek dan ook my hand teen my hand slaan en my grimmigheid tot rus bring; Ek, die HERE, het dit gespreek.
EZEK 21:18 Verder het die woord van die HERE tot my gekom en gesę:
EZEK 21:19 En jy, mensekind, maak vir jou twee paaie waarlangs die swaard van die koning van Babel kan kom; uit een land moet altwee uitgaan; en sny 'n wegwyser uit; sny dit uit by die begin van die pad na 'n stad;
EZEK 21:20 jy moet 'n pad maak, dat die swaard kan kom na Rabba, van die kinders van Ammon, en na Juda, in die versterkte stad Jerusalem.
EZEK 21:21 Want die koning van Babel gaan staan waar die paaie uitmekaarloop, by die begin van die twee paaie, om van waarsęery gebruik te maak: hy skud die pyle, raadpleeg die huisgode, bekyk die lewer.
EZEK 21:22 In sy regterhand is die lot: Jerusalem, om stormramme op te stel, om die mond met geskreeu oop te maak, om die stem te verhef met krygsgeroep, om stormramme op te stel teen die poorte, om 'n wal op te werp, om forte te bou.
EZEK 21:23 Maar dit is vir hulle soos 'n bedrieglike waarsęery in hul oë (die plegtigste eedsweringe tog is hulle s'n!); maar hy bring die ongeregtigheid in herinnering, dat hulle gegryp kan word.
EZEK 21:24 Daarom, so sę die Here HERE: Omdat julle jul ongeregtigheid in herinnering bring deurdat julle oortredinge openbaar word, sodat julle sondes in al jul handelinge gesien word--omdat julle in herinnering gebring is, sal julle met die hand gegryp word.
EZEK 21:25 En jy, onheilige, goddelose, vors van Israel, wie se dag gekom het in die tyd van die uiteindelike afrekening--
EZEK 21:26 so sę die Here HERE: Die tulband moet weg, en die kroon moet af! Dit bly nie so nie: Na bo met wat nederig is! Na onder met wat hoog is!
EZEK 21:27 Puinhoop, puinhoop, puinhoop sal Ek dit maak. Ook dit sal nie bly nie--totdat Hy kom wat daarop reg het, en aan Hom sal Ek dit gee.
EZEK 21:28 En jy, mensekind, profeteer en sę: So spreek die Here HERE aangaande die kinders van Ammon en hulle smaadrede; en jy moet sę: 'n Swaard, 'n swaard is getrek om te slag; dit is geskuur tot die uiterste toe om soos 'n weerligstraal te wees--
EZEK 21:29 onderwyl hulle vir jou, o swaard, 'n bedrieglike gesig sien, onderwyl hulle vir jou leuens voorspel--dat jy gesit sou word op die nekke van goddelose wat onheilig is, wie se dag gekom het in die tyd van uiteindelike afrekening!
EZEK 21:30 Steek dit weer in die skede. In die plek waar jy geskape is, in die land van jou oorsprong, sal Ek jou oordeel.
EZEK 21:31 En Ek sal oor jou my toorn uitgiet; Ek sal op jou blaas met die vuur van my grimmigheid en jou oorgee in die hand van barbare, mense wat verderf smee.
EZEK 21:32 Voedsel sal jy wees vir die vuur; jou bloed sal binne-in die land wees; aan jou sal nie meer gedink word nie; want Ek, die HERE, het dit gespreek.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com