Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Genesis 36

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50]

GEN 36:1 En dit is die geskiedenis van Esau, dit is Edom.
GEN 36:2 Esau het sy vroue geneem uit die dogters van Kanaän: Ada, die dogter van Elon, die Hetiet, en Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die Hewiet;
GEN 36:3 en Basmat, die dogter van Ismael, die suster van Nébajot.
GEN 36:4 En Ada het vir Esau gebaar Élifas, en Basmat het gebaar Réhuel.
GEN 36:5 En Oholibáma het gebaar Jehus en Jáelam en Korag. Dit is die seuns van Esau wat vir hom gebore is in die land Kanaän.
GEN 36:6 Toe neem Esau sy vroue en sy seuns en sy dogters en al die mense van sy huis, sy vee en al sy diere en al sy besittings wat hy in die land Kanaän verwerf het, en hy trek na 'n land, wég van sy broer Jakob af;
GEN 36:7 want hulle besittings was te groot om saam te woon, en die land van hulle vreemdelingskap kon hulle nie dra vanweë hulle vee nie.
GEN 36:8 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.
GEN 36:9 Dit is dan die geskiedenis van Esau, die vader van die Edomiete, in die gebergte Seïr.
GEN 36:10 Dit is die name van die seuns van Esau: Élifas, die seun van Ada, die vrou van Esau; Réhuel, die seun van Basmat, die vrou van Esau.
GEN 36:11 En die seuns van Élifas was: Teman, Omar, Sefo en Gáetam en Kenas.
GEN 36:12 En Timna was 'n byvrou van Élifas, die seun van Esau; en sy het vir Élifas gebaar Amalek. Dit is die seuns van Ada, die vrou van Esau.
GEN 36:13 En dit is die seuns van Réhuel: Nahat en Serag, Samma en Missa. Dit was die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
GEN 36:14 En dit was die seuns van Oholibáma, die dogter van Ana, die dogter van Síbeon, die vrou van Esau--sy het vir Esau gebaar Jehus en Jáelam en Korag.
GEN 36:15 Dit is die stamhoofde onder die seuns van Esau. Die seuns van Élifas, die eersgeborene van Esau, was: die stamhoof Teman, die stamhoof Omar, die stamhoof Sefo, die stamhoof Kenas,
GEN 36:16 die stamhoof Korag, die stamhoof Gáetam, die stamhoof Amalek. Dit is die stamhoofde van Élifas in die land Edom; dit is die seuns van Ada.
GEN 36:17 En dit is die seuns van Réhuel, die seun van Esau: die stamhoof Nahat, die stamhoof Serag, die stamhoof Samma, die stamhoof Missa. Dit is die stamhoofde van Réhuel in die land Edom. Dit is die seuns van Basmat, die vrou van Esau.
GEN 36:18 En dit is die seuns van Oholibáma, die vrou van Esau: die stamhoof Jehus, die stamhoof Jáelam, die stamhoof Korag. Dit is die stamhoofde van Oholibáma, die dogter van Ana, die vrou van Esau.
GEN 36:19 Dit is die seuns van Esau, en dit is hulle stamhoofde. Dit is Edom.
GEN 36:20 Dit is die seuns van Seïr, die Horiet, die eerste inwoners van die land: Lotan en Sobal en Síbeon en Ana
GEN 36:21 en Dison en Eser en Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete, die seuns van Seïr in die land Edom.
GEN 36:22 En die seuns van Lotan was Hori en Hemam; en die suster van Lotan was Timna.
GEN 36:23 En dit is die seuns van Sobal: Alwan en Manáhat en Ebal, Sefo en Onam.
GEN 36:24 En dit is die seuns van Síbeon: Aja en Ana. Dit is dié Ana wat die warm fonteine in die woestyn gekry het toe hy die esels van sy vader Síbeon opgepas het.
GEN 36:25 En dit is die seuns van Ana: Dison; en Oholibáma was die dogter van Ana.
GEN 36:26 En dit is die seuns van Dison: Hemdan en Esban en Jitran en Keran.
GEN 36:27 Dit is die seuns van Eser: Bilhan en Saäwan en Akan.
GEN 36:28 Dit is die seuns van Disan: Us en Aran.
GEN 36:29 Dit is die stamhoofde van die Horiete: die stamhoof Lotan, die stamhoof Sobal, die stamhoof Síbeon, die stamhoof Ana,
GEN 36:30 die stamhoof Dison, die stamhoof Eser, die stamhoof Disan. Dit is die stamhoofde van die Horiete volgens hulle stamme in die land Seïr.
GEN 36:31 En dit is die konings wat geregeer het in die land Edom voordat daar 'n koning geregeer het oor die kinders van Israel:
GEN 36:32 Bela, die seun van Beor, het geregeer in Edom; en die naam van sy stad was Dinhába.
GEN 36:33 En ná die dood van Bela het Jobab, die seun van Serag, van Bosra, in sy plek geregeer.
GEN 36:34 En ná die dood van Jobab het Husam, uit die land van die Temaniete, in sy plek geregeer.
GEN 36:35 En ná die dood van Husam het Hadad, die seun van Bedad, wat die Mídianiete verslaan het in die veld van Moab, in sy plek geregeer, en die naam van sy stad was Awit.
GEN 36:36 En ná die dood van Hadad het Samla van Másreka in sy plek geregeer.
GEN 36:37 En ná die dood van Samla het Saul van Réhobot, aan die rivier, in sy plek geregeer.
GEN 36:38 En ná die dood van Saul het Baäl-Hanan, die seun van Akbor, in sy plek geregeer.
GEN 36:39 En ná die dood van Baäl-Hanan, die seun van Akbor, het Hadar in sy plek geregeer; en die naam van sy stad was Pahu; en die naam van sy vrou was Mehetábeël, die dogter van Matred, die dogter van Mésahab.
GEN 36:40 Dit is die name van die stamhoofde van Esau, volgens hulle geslagte, volgens hulle woonplekke, met hulle name: die stamhoof Timna, die stamhoof Alwa, die stamhoof Jetet.
GEN 36:41 die stamhoof Oholibáma, die stamhoof Ela, die stamhoof Pinon,
GEN 36:42 die stamhoof Kenas, die stamhoof Teman, die stamhoof Mibsar,
GEN 36:43 die stamhoof Mágdiël, die stamhoof Iram. Dit is die stamhoofde van Edom, volgens hulle verblyfplekke in die land van hulle besitting. Dit is Esau, die stamvader van die Edomiete.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com