Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 10

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 10:1 Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder.
PROV 10:2 Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood.
PROV 10:3 Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg.
PROV 10:4 Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk.
PROV 10:5 Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak.
PROV 10:6 Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
PROV 10:7 Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan.
PROV 10:8 Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val.
PROV 10:9 Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend.
PROV 10:10 Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val.
PROV 10:11 Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld.
PROV 10:12 Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge.
PROV 10:13 Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose.
PROV 10:14 Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is.
PROV 10:15 Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede.
PROV 10:16 Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde.
PROV 10:17 'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald.
PROV 10:18 Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas.
PROV 10:19 By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig.
PROV 10:20 Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd.
PROV 10:21 Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand.
PROV 10:22 Die seën van die HERE--dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
PROV 10:23 Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand.
PROV 10:24 Waar die goddelose bang voor is--dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy.
PROV 10:25 Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves.
PROV 10:26 Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur.
PROV 10:27 Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort.
PROV 10:28 Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan.
PROV 10:29 Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid.
PROV 10:30 Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie.
PROV 10:31 Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei.
PROV 10:32 Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com