Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 7

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 7:1 My seun, onderhou my woorde en bewaar my gebooie by jou;
PROV 7:2 onderhou my gebooie, dan sal jy lewe, en my onderwysing soos jou oogappel;
PROV 7:3 bind hulle aan jou vingers, skryf hulle op die tafel van jou hart.
PROV 7:4 Sê aan die wysheid: Jy is my suster! en noem die verstand jou vertroueling,
PROV 7:5 sodat hulle jou kan bewaar vir die vreemde vrou, vir die ontugtige wat met haar woorde vlei.
PROV 7:6 Want ek het deur die venster van my huis, deur my tralievenster uitgekyk,
PROV 7:7 en ek het onder die eenvoudiges gesien, onder die jongmense 'n verstandelose jongman opgemerk,
PROV 7:8 wat op die straat verbygaan naby haar hoek en in die rigting van haar huis stap,
PROV 7:9 in die skemer, in die aand van die dag, in die middel van die nag en die donker.
PROV 7:10 En kyk, daar kom 'n vrou hom tegemoet, soos 'n hoer aangetrek en listig van hart--
PROV 7:11 sy is onrustig en losbandig, haar voete kan nie in haar huis bly nie--
PROV 7:12 nou buitekant, dan weer op die pleine, en sy staan by elke hoek en loer.
PROV 7:13 En sy het hom gegryp en hom gesoen, met 'n onbeskaamde gesig vir hom gesê:
PROV 7:14 Ek moes dankoffers bring, vandag het ek my geloftes betaal;
PROV 7:15 daarom het ek uitgegaan om jou te ontmoet, om jou aangesig te soek, en ek het jou gekry.
PROV 7:16 Ek het my bed met dekens opgemaak, met bont spreie van Egiptiese linne;
PROV 7:17 ek het my bed besprinkel met mirre, alewee en kaneel--
PROV 7:18 kom, laat ons dronk word van liefde tot die môre toe, laat ons mekaar vrolik maak in welluste.
PROV 7:19 Want die man is nie tuis nie, hy het ver weg op reis gegaan,
PROV 7:20 die geldbeurs het hy met hom saamgeneem, teen die dag van volmaan sal hy eers tuis kom.
PROV 7:21 Sy het hom verlei deur haar baie mooipraatjies, deur die gladheid van haar lippe het sy hom verlok.
PROV 7:22 Hy loop skielik agter haar aan soos 'n bees wat na die slagpaal gaan, en soos voetboeie wat dien tot tugtiging van die sot,
PROV 7:23 totdat die pyl sy lewer splits; soos 'n voël haastig na die vangnet vlieg--sonder om te weet dat dit ten koste van sy lewe is.
PROV 7:24 Hoor dan nou na my, seuns, en luister na die woorde van my mond.
PROV 7:25 Laat jou hart nie afwyk na haar weë nie, dwaal nie rond op haar paaie nie.
PROV 7:26 Want baie is die gesneuweldes wat sy laat val het, en talryk almal wat deur haar vermoor is.
PROV 7:27 Haar huis is weë na die doderyk, wat afdaal na die kamers van die dood.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com