Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 30

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 30:1 Die woorde van Agur, die seun van Jake; die Godspraak. Die man spreek: Ek het my moeg gemaak, o God, ek het my moeg gemaak, o God, en ek versmag.
PROV 30:2 Ja, ek is te dom om mens te kan wees, en ek het geen menseverstand nie.
PROV 30:3 En ek het nie wysheid geleer, sodat ek kennis van die Heilige sou besit nie.
PROV 30:4 Wie het na die hemel opgeklim en neergedaal? Wie het die wind in sy vuiste versamel? Wie het die waters in 'n kleed saamgebind? Wie het al die eindes van die aarde vasgestel? Hoe is sy Naam? En hoe is die Naam van sy Seun--as jy dit weet?
PROV 30:5 Elke woord van God is gelouter; Hy is 'n skild vir die wat by Hom skuil.
PROV 30:6 Voeg by sy woorde niks by nie, sodat Hy van jou nie rekenskap vorder en jy as 'n leuenaar openbaar word nie.
PROV 30:7 Twee dinge vra ek van U; onthou dit nie aan my voordat ek sterf nie:
PROV 30:8 Hou valsheid en leuentaal ver van my af; gee my nie armoede of rykdom nie, laat my geniet die brood wat vir my bestem is;
PROV 30:9 dat ek nie, as ek oorversadig geword het, U verloën nie, en sê: Wie is die HERE? En dat ek nie, as ek arm geword het, steel en my aan die Naam van my God vergryp nie.
PROV 30:10 Belaster nie 'n slaaf by sy heer nie, sodat hy jou nie vloek en jy daarvoor moet boet nie.
PROV 30:11 Daar is 'n geslag wat sy vader vervloek en sy moeder nie seën nie,
PROV 30:12 'n geslag wat rein is in sy eie oë en tog van sy vuiligheid nie gewas is nie,
PROV 30:13 'n geslag--hoe trots is sy oë, en hoe hoog is sy ooglede opgetrek! --
PROV 30:14 'n geslag waarvan die tande swaarde is, waarvan die gebit messe is, om die ellendiges uit die land te verteer en die behoeftiges onder die mensdom uit.
PROV 30:15 Die bloedsuier het twee dogters: Gee, gee! Drie is dit wat nie versadig word nie; vier sê nooit: Genoeg nie! --
PROV 30:16 die doderyk en die toegesluite moederskoot, die aarde wat nie genoeg water kry en die vuur wat nooit sê: Genoeg nie!
PROV 30:17 'n Oog wat met die vader spot en die gehoorsaamheid vir die moeder verag--die kraaie van die dal sal dit uitpik, en die kuikens van die arend sal dit opeet.
PROV 30:18 Drie is dit wat vir my te wonderbaar is, ja, vier wat ek nie begryp nie:
PROV 30:19 die weg van die arend in die lug, die weg van 'n slang oor 'n rots, die weg van 'n skip in die hart van die see, en die weg van 'n man by 'n maagd.
PROV 30:20 So is die weg van 'n vrou wat owerspel bedryf; sy eet en vee haar mond af en sê: Ek het geen sonde gedoen nie.
PROV 30:21 Onder drie bewe die aarde, en onder vier kan hy dit nie uithou nie:
PROV 30:22 onder 'n slaaf as hy koning word, en 'n dwaas as hy volop brood het;
PROV 30:23 onder 'n nie-geliefde as sy tog 'n man kry, en 'n slavin as sy haar meesteres uit die besitting verdrywe.
PROV 30:24 Vier is dit wat klein is op die aarde, maar hulle is uitermate wys:
PROV 30:25 die miere is nie 'n sterk volk nie, en tog berei hulle hul voedsel in die somer;
PROV 30:26 die klipdassies is nie 'n magtige volk nie, en tog maak hulle hul huis in die rots;
PROV 30:27 die sprinkane het geen koning nie, en tog trek die hele swerm in goeie orde uit;
PROV 30:28 die geitjie kan jy met die hande gryp, en tog is hy in die konings se paleise.
PROV 30:29 Drie is dit wat statig wegstap, ja, vier wat statig wegloop:
PROV 30:30 die leeu, die held onder die diere, wat vir niks omdraai nie;
PROV 30:31 die dier met gespierde heupe, of die bok, en 'n koning met die troepemag by hom.
PROV 30:32 As jy dwaas gewees het deur jou te verhef, of as jy vooraf nagedink het--die hand op die mond!
PROV 30:33 Want drukking van melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com