Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 12:1 Een wat die tug liefhet, het kennis lief; maar wie die teregwysing haat, is dom.
PROV 12:2 Die goeie verkry 'n welbehae van die HERE, maar Hy veroordeel 'n slinkse man.
PROV 12:3 Geen mens kan deur goddeloosheid bestaan nie, maar die wortel van die regverdiges wankel nie.
PROV 12:4 'n Deugsame vrou is die kroon van haar man, maar een wat skande maak, is soos 'n verrotting in sy gebeente.
PROV 12:5 Die gedagtes van die regverdiges is wat reg is, die slim planne van die goddelose is bedrog.
PROV 12:6 Die woorde van die goddelose is om te loer op bloed, maar die mond van die opregtes red hulle.
PROV 12:7 Die goddelose mense word omgekeer, en hulle is daar nie meer nie; maar die huis van die regverdiges bly staan.
PROV 12:8 Ooreenkomstig sy insig word 'n man geprys; maar 'n verkeerde van hart sal verag word.
PROV 12:9 Wie gering geag word en 'n slaaf het, is beter as hy wat hom vernaam aanstel en gebrek aan brood het.
PROV 12:10 Die regverdige ken die natuur van sy dier, maar die barmhartigheid van die goddelose is wreed.
PROV 12:11 Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het gebrek aan verstand.
PROV 12:12 Die goddelose begeer die vangs van verkeerde dinge, maar die wortel van die regverdiges lewer vrugte op.
PROV 12:13 In die oortreding van die lippe lê daar 'n gevaarlike strik; maar die regverdige ontkom aan die benoudheid.
PROV 12:14 Uit die vrug van iemand se mond word hy versadig met die goeie, en die daad van 'n mens se hande kom op hom terug.
PROV 12:15 Die weg van 'n dwaas is reg in sy eie oë, maar die wyse luister na raad.
PROV 12:16 Die dwaas laat sy drif op die daad bekend word, maar die skrandere verberg skande.
PROV 12:17 Hy wat die waarheid spreek, vertel wat reg is; maar 'n valse getuie bedrog.
PROV 12:18 Daar is een wat onverskillig woorde uitspreek soos swaardsteke, maar die tong van die wyse is genesing.
PROV 12:19 'n Betroubare lip bestaan vir altyd, maar 'n valse tong vir 'n oomblik.
PROV 12:20 Bedrog is in die hart van die wat onheil bewerk; maar die wat vrede aanraai, het vreugde.
PROV 12:21 Geen enkele onheil tref die regverdige nie, maar die goddelose is vol ongeluk.
PROV 12:22 Valse lippe is vir die HERE 'n gruwel, maar Hy het 'n welbehae in die wat getrou handel.
PROV 12:23 'n Skrander mens verberg sy kennis, maar die hart van die dwase roep hulle sotheid uit.
PROV 12:24 Die hand van die vlytiges sal heers, maar traagheid lei tot dwangarbeid.
PROV 12:25 Bekommernis in die hart van 'n mens druk dit neer, maar 'n vriendelike woord vrolik dit op.
PROV 12:26 Die regverdige vind sy weide uit, maar die weg van die goddelose laat hulle dwaal.
PROV 12:27 Hy wat traag is, jaag sy wild nie op nie, maar vlyt is 'n kosbare skat vir 'n mens.
PROV 12:28 Op die pad van geregtigheid is lewe, en die rigting van dié pad is onsterflikheid.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com