Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 24

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 24:1 Wees nie afgunstig op die kwaaddoeners nie, en begeer nie om met hulle saam te wees nie.
PROV 24:2 Want hulle hart bedink verwoesting, en hulle lippe spreek moeite.
PROV 24:3 Deur wysheid word 'n huis gebou, en deur verstand word dit bevestig;
PROV 24:4 en deur kennis word die kamers gevul met allerhande kosbare en lieflike goed.
PROV 24:5 'n Wyse man is sterk, en 'n man van kennis ontwikkel krag.
PROV 24:6 Want deur goeie oorleg kan jy voorspoedig oorlog voer, en die oorwinning is deur die menigte van raadgewers.
PROV 24:7 Die wysheid is vir die sot te hoog; in die poort maak hy sy mond nie oop nie.
PROV 24:8 Hy wat hom voorneem om kwaad te doen, word 'n skelm genoem.
PROV 24:9 Die sonde is 'n dwase voorneme, en die spotter is 'n gruwel vir die mensdom.
PROV 24:10 Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
PROV 24:11 Red die wat na die dood gesleep word, en die wat na die slagbank wankel, hou hulle tog terug!
PROV 24:12 As jy sê: Kyk, ons het dit nie geweet nie! --sal Hy wat die harte toets, dit nie merk nie? En Hy wat let op jou siel, Hy kom dit te wete. En Hy vergeld die mens na sy werk.
PROV 24:13 Eet heuning, my seun, want dit is goed, en heuningstroop is soet teen jou verhemelte.
PROV 24:14 Erken dat die wysheid só is vir jou siel; as jy dit vind, dan is daar 'n toekoms, en jou hoop sal nie verydel word nie.
PROV 24:15 Loer nie, o goddelose, op die woning van die regverdige, verwoes sy verblyfplek nie.
PROV 24:16 Want sewe maal val die regverdige en staan weer op, maar die goddelose struikel in die ongeluk.
PROV 24:17 As jou vyand val, verheug jou nie; en as hy struikel, laat jou hart nie juig nie,
PROV 24:18 dat die HERE dit nie sien en dit miskien verkeerd is in sy oë en Hy sy toorn van hom afwend nie.
PROV 24:19 Vererg jou nie oor die kwaaddoeners nie, wees nie afgunstig op die goddelose nie.
PROV 24:20 Want die kwaaddoener het geen toekoms nie, die lamp van die goddelose gaan dood.
PROV 24:21 My seun, vrees die HERE en die koning, laat jou nie in met oproerige mense nie.
PROV 24:22 Want skielik sal hulle ongeluk opkom, en die uitgang van hulle jare, wie weet dit?
PROV 24:23 Ook hierdie spreuke is van die wyse manne afkomstig. Om partydig te wees in die gereg, is verkeerd.
PROV 24:24 Hy wat vir die skuldige sê: Jy het reg! --die volke sal hom vervloek, die nasies sal hom verwens.
PROV 24:25 Maar met die wat onpartydig straf, gaan dit goed; en oor hulle kom die seën van voorspoed.
PROV 24:26 Hy wat regte antwoorde gee, soen die lippe.
PROV 24:27 Maak jou werk buitekant reg, en bring dit vir jou op die land in orde; daarna moet jy dan jou huis bou.
PROV 24:28 Wees nie sonder oorsaak getuie teen jou naaste nie; want mag jy met jou lippe mislei?
PROV 24:29 Moenie sê nie: Soos hy aan my gedoen het, so sal ek aan hom doen--ek sal die man vergelde na sy werk.
PROV 24:30 Ek het by die land van 'n lui man verbygeloop en langs die wingerd van 'n verstandelose mens,
PROV 24:31 en kyk, dit was heeltemal toegegroei van die dorings, sy oppervlakte was oordek met brandnekels en sy klipmuur omgegooi.
PROV 24:32 En ek het dit aanskou, ja, daarop gelet, gekyk, en lering aangeneem:
PROV 24:33 Nog 'n bietjie slaap, nog 'n bietjie sluimer, nog 'n bietjie hande-vou om uit te rus;
PROV 24:34 dan kom jou armoede aangeloop en jou gebrek soos 'n gewapende man.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com