Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 9

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 9:1 Die Wysheid het haar huis gebou, haar sewe pilare uitgekap,
PROV 9:2 haar slagvee geslag, haar wyn gemeng, ook haar tafel gedek.
PROV 9:3 Sy het haar diensmeisies uitgestuur, sy nooi uit op die hange van die stadshoogtes:
PROV 9:4 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen, wie verstandeloos is, vir hom sê sy:
PROV 9:5 Kom, eet julle van my brood, en drink van die wyn wat ek gemeng het;
PROV 9:6 laat staan die eenvoudigheid, dan sal julle lewe, en betree die weg van verstand.
PROV 9:7 Hy wat 'n spotter teregwys, behaal vir homself skande, en hy wat 'n goddelose bestraf, vir homself 'n skandvlek.
PROV 9:8 Bestraf 'n spotter nie, anders haat hy jou; bestraf 'n wyse, en hy sal jou liefhê.
PROV 9:9 Deel mee aan die wyse, en hy sal nog wyser word, leer die regverdige, en hy sal insig vermeerder.
PROV 9:10 Die beginsel van die wysheid is die vrees van die HERE, en kennis van die Heilige is verstand.
PROV 9:11 Want deur my word jou dae meer en word jare van lewe vir jou toegevoeg.
PROV 9:12 As jy wys is, is jy wys tot jou voordeel, en is jy 'n spotter, dan moet jy dit alleen dra.
PROV 9:13 Vrou Dwaasheid is onrustig, pure eenvoudigheid en heeltemal onkundig;
PROV 9:14 en sy sit by die deur van haar huis, op 'n stoel op die hoogtes van die stad,
PROV 9:15 om te nooi die wat op die weg verbygaan, die wat op hulle paaie reguit wandel:
PROV 9:16 Wie eenvoudig is, laat hy inkom hierheen! En die verstandelose, aan hom sê sy:
PROV 9:17 Gesteelde waters is soet, en brood in die geheim geëet, is lekker.
PROV 9:18 Maar hy weet nie dat dáár skimme is, dat haar genooides in die dieptes van die doderyk is nie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com