Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Proverbs 17

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31]

PROV 17:1 Beter is 'n stuk droë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.
PROV 17:2 'n Verstandige dienaar sal heers oor 'n seun wat skande maak, en onder die broers sal hy die erfenis verdeel.
PROV 17:3 Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, maar die HERE toets die harte.
PROV 17:4 Die kwaaddoener gee ag op 'n bedrieglike lip, 'n leuenaar luister na 'n tong wat onheil stig.
PROV 17:5 Hy wat die arme bespot, versmaad sy Maker; hy wat bly is oor 'n ongeluk, sal nie ongestraf bly nie.
PROV 17:6 Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
PROV 17:7 Aanmatigende taal pas nie by 'n dwaas nie, hoeveel minder leuentaal by 'n edele!
PROV 17:8 Kosbare edelgesteentes is die omkoopgeskenk in die oë van sy besitter; oral waar hy heengaan, sal hy slaag.
PROV 17:9 Wie 'n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat 'n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar.
PROV 17:10 'n Berisping gaan by 'n verstandige dieper in as om 'n dwaas honderd maal te slaan.
PROV 17:11 Die wederstrewige soek net onheil, maar 'n wrede boodskapper word teen hom uitgestuur.
PROV 17:12 Laat 'n beer wat van kleintjies beroof is, 'n mens ontmoet, maar nie 'n dwaas in sy sotheid nie.
PROV 17:13 Hy wat kwaad vir goed vergelde, die kwaad sal uit sy huis nie wyk nie.
PROV 17:14 Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
PROV 17:15 Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE 'n gruwel.
PROV 17:16 Waarom tog is daar geld in die hand van 'n dwaas om wysheid te koop terwyl hy geen verstand het nie?
PROV 17:17 Die vriend het altyd lief, en die broer word gebore met die oog op die nood.
PROV 17:18 Dit is 'n verstandelose mens wat handslag gee, wat borg staan vir sy naaste.
PROV 17:19 Wie twis liefhet, het oortreding lief; hy wat sy deur hoog maak, soek verbreking.
PROV 17:20 Wie verkeerd van hart is, vind die goeie nie; en hy wat vals is met sy tong, val in die ongeluk.
PROV 17:21 Hy wat 'n dwaas verwek, vir hom sal dit 'n bekommernis word; en die vader van die dwaas sal nie bly wees nie.
PROV 17:22 'n Vrolike hart bevorder die genesing, maar 'n verslae gees laat die gebeente uitdroog.
PROV 17:23 Die goddelose neem 'n omkoopgeskenk aan wat uit die boesem kom om die paaie van die reg te buig.
PROV 17:24 Die verstandige hou die wysheid voor oë, maar die oë van die dwaas is by die einde van die aarde.
PROV 17:25 'n Dwase seun is 'n verdriet vir sy vader en bitter smart vir haar wat hom gebaar het.
PROV 17:26 Is dit alreeds nie goed om die regverdige te beboet nie--om edeles te slaan is onbetaamlik.
PROV 17:27 Wie sy woorde inhou, besit kennis; en hy wat kalm is van gees, is 'n man van verstand.
PROV 17:28 Selfs 'n sot sal as hy swyg, vir wys gereken word; as hy sy lippe toehou, vir verstandig.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com