Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Jeremiah 21

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52]

JER 21:1 Die woord wat van die HERE tot Jeremia gekom het toe Sedekía, die koning, Pashur, die seun van Malkía, en Sefánja, die seun van Maäséja, die priester, na hom gestuur het met die woorde:
JER 21:2 Raadpleeg tog die HERE vir ons, want Nebukadrésar, die koning van Babel, voer oorlog teen ons; miskien sal die HERE met ons handel volgens al sy wonders, sodat hy van ons af wegtrek.
JER 21:3 Toe het Jeremia vir hulle gesę: So moet julle vir Sedekía sę:
JER 21:4 So spreek die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek laat die oorlogswapens terugdraai wat in julle hande is, waarmee julle oorlog voer buitekant die muur teen die koning van Babel en teen die Chaldeërs wat julle beleër; en Ek sal dit binne-in hierdie stad versamel.
JER 21:5 En Ek self sal teen julle oorlog voer met 'n uitgestrekte hand en 'n sterke arm, ja, in toorn en in grimmigheid en in groot gramskap.
JER 21:6 En Ek sal die inwoners van hierdie stad verslaan, die mense sowel as die vee--aan 'n groot pes sal hulle sterwe.
JER 21:7 En daarna, spreek die HERE, sal Ek Sedekía, die koning van Juda, en sy dienaars en die volk--die wat in hierdie stad oorgebly het van die pes, die swaard en die hongersnood--oorgee in die hand van Nebukadrésar, die koning van Babel, en in die hand van hulle vyande en in die hand van die wat hulle lewe soek; en hy sal hulle verslaan met die skerpte van die swaard; hy sal geen medelyde met hulle hę of hulle spaar of hom ontferm nie.
JER 21:8 En aan hierdie volk moet jy sę: So spreek die HERE: Kyk, Ek hou julle die weg van die lewe voor én die weg van die dood:
JER 21:9 hy wat in hierdie stad bly, sal sterwe deur die swaard of die hongersnood of die pes; maar hy wat uitgaan en oorloop na die Chaldeërs wat julle beleër, sal lewe, en sy lewe sal vir hom 'n buit wees.
JER 21:10 Want Ek het my aangesig teen hierdie stad gerig ten kwade en nie ten goede nie, spreek die HERE. Dit sal oorgegee word in die hand van die koning van Babel, en hy sal dit met vuur verbrand.
JER 21:11 En aan die huis van die koning van Juda moet jy sę: Hoor die woord van die HERE,
JER 21:12 o huis van Dawid! So spreek die HERE: Verskaf reg in die môre en red die beroofde uit die hand van die verdrukker, sodat my grimmigheid nie uitgaan en brand soos 'n vuur sonder dat iemand kan blus nie, weens die boosheid van julle handelinge.
JER 21:13 Kyk, Ek het dit teen jou, o inwoner van die dal, rots van die vlakte, spreek die HERE. Julle wat sę: Wie sal kan afkom teen ons, of wie sal in ons skuilplekke indring?
JER 21:14 En Ek sal oor julle besoeking doen volgens die vrug van julle handelinge, spreek die HERE; en Ek sal 'n vuur aansteek in sy bos, en dit sal alles verteer wat rondom hom lę.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com