Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Jeremiah 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52]

JER 27:1 In die begin van die regering van Sedekía, die seun van Josía, koning van Juda, het van die HERE hierdie woord tot Jeremia gekom:
JER 27:2 So het die HERE vir my gesę: Maak vir jou stroppe en jukke, en sit dit op jou nek;
JER 27:3 en stuur dit na die koning van Edom en na die koning van Moab en na die koning van die kinders van Ammon en na die koning van Tirus en na die koning van Sidon deur middel van die gesante wat in Jerusalem gekom het na Sedekía, die koning van Juda;
JER 27:4 en gee hulle opdrag aan hul gebieders, met die woorde: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: So moet julle aan jul gebieders sę:
JER 27:5 Ek het die aarde, die mens en die diere wat op die aarde is, gemaak deur my grote krag en deur my uitgestrekte arm, en Ek gee dit aan wie dit reg is in my oë.
JER 27:6 En nou het Ék al hierdie lande gegee in die hand van Nebukadnésar, die koning van Babel, my dienaar; ja, selfs die wilde diere van die veld het Ek aan hom gegee om hom te dien.
JER 27:7 En al die nasies sal hom dien en sy seun en sy seun se seun, totdat die tyd van sy land ook kom, dat dit diensbaar gemaak sal word deur magtige nasies en groot konings.
JER 27:8 En die nasie en die koninkryk wat hom, Nebukadnésar, die koning van Babel, nie sal dien nie, en wat sy nek nie sal steek onder die juk van die koning van Babel nie--oor daardie nasie sal Ek, spreek die HERE, besoeking doen met die swaard en die hongersnood en die pes, totdat Ek hulle heeltemal in sy mag gebring het.
JER 27:9 Júlle moet dan nie luister na julle profete en na julle waarsęers en na julle dromers en na julle goëlaars en na julle towenaars nie, wat met julle spreek en sę: Julle sal die koning van Babel nie dien nie.
JER 27:10 Want hulle profeteer leuens vir julle om julle ver te laat wees uit julle land, sodat Ek julle verdrywe en julle omkom.
JER 27:11 Maar die nasie wat sy nek sal bring onder die juk van die koning van Babel en hom sal dien, dié sal Ek in sy land laat bly, spreek die HERE, en hulle sal dit bewerk en daarin woon.
JER 27:12 Daarna het ek met Sedekía, die koning van Juda, volgens al hierdie woorde gespreek en gesę: Bring julle nekke onder die juk van die koning van Babel, en dien hom en sy volk, dat julle kan lewe.
JER 27:13 Waarom moet julle sterwe, u en u volk, deur die swaard, die hongersnood en die pes, soos die HERE gespreek het van die nasie wat die koning van Babel nie sal dien nie?
JER 27:14 Luister dan nie na die woorde van die profete nie, wat met julle spreek en sę: Julle sal die koning van Babel nie dien nie; want hulle profeteer leuens vir julle.
JER 27:15 Want Ek het hulle nie gestuur nie, spreek die HERE, en hulle profeteer vals in my Naam, dat Ek julle kan verdrywe en dat julle kan omkom, julle en die profete wat vir julle profeteer.
JER 27:16 Ook het ek met die priesters en hierdie hele volk gespreek en gesę: So spreek die HERE: Luister nie na die woorde van julle profete nie, wat vir julle profeteer en sę: Kyk, die voorwerpe van die huis van die HERE sal nou gou uit Babel teruggebring word; want hulle profeteer leuens vir julle.
JER 27:17 Luister nie na hulle nie, dien die koning van Babel, en lewe. Waarom moet hierdie stad 'n puinhoop word?
JER 27:18 Maar as hulle profete is, en as die woord van die HERE by hulle is, laat hulle tog die HERE van die leërskare dringend smeek, dat die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het, nie in Babel kom nie.
JER 27:19 Want so sę die HERE van die leërskare van die pilare en van die see en van die afspoelwaentjies en van die ander voorwerpe wat in hierdie stad oorgebly het,
JER 27:20 wat Nebukadnésar, die koning van Babel, nie weggeneem het nie toe hy Jegónja, die seun van Jójakim, die koning van Juda, uit Jerusalem in ballingskap weggevoer het na Babel toe, saam met al die edeles van Juda en Jerusalem--
JER 27:21 want so sę die HERE van die leërskare, die God van Israel, aangaande die voorwerpe wat in die huis van die HERE en die huis van die koning van Juda en in Jerusalem oorgebly het:
JER 27:22 Na Babel sal dit gebring word, en daar sal dit bly tot op die dag dat Ek daarop ag sal gee, spreek die HERE, en dit opvoer en terugbring na hierdie plek.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com