Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Jeremiah 39

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52]

JER 39:1 in die negende jaar van Sedekía, die koning van Juda, in die tiende maand, het Nebukadrésar, die koning van Babel, met sy hele leër na Jerusalem gekom en hulle het dit beleër;
JER 39:2 in die elfde jaar van Sedekía, in die vierde maand, op die negende van die maand, is in die stad ingebreek--
JER 39:3 toe het al die vorste van die koning van Babel gekom en gaan sit in die Middelste Poort, naamlik Nergal-Saréser, Samgar-Nebo, Sársegim, die rábsaris, Nergal-Saréser, die rabmag, en al die ander vorste van die koning van Babel.
JER 39:4 En toe Sedekía, die koning van Juda, en al die krygsmanne hulle sien, het hulle gevlug en in die nag uit die stad getrek op pad na die koning se tuin, deur die poort tussen die twee mure; en hy het uitgetrek op pad na die Vlakte toe.
JER 39:5 Maar die leër van die Chaldeërs het hulle agternagejaag en Sedekía in die vlaktes van Jérigo ingehaal en hom gevang en hom gebring na Nebukadrésar, die koning van Babel, na Ribla in die land Hamat; en hy het vonnis oor hom uitgespreek.
JER 39:6 En die koning van Babel het die seuns van Sedekía voor sy oë in Ribla geslag; ook het die koning van Babel al die edeles van Juda geslag.
JER 39:7 En hy het die oë van Sedekía laat verblind en hom met koperkettings geboei om hom na Babel te bring.
JER 39:8 En die Chaldeërs het die paleis van die koning en die huise van die volk met vuur verbrand; en die mure van Jerusalem het hulle omgegooi.
JER 39:9 En die deel van die volk wat nog in die stad oorgebly het en die oorlopers wat na hom oorgeloop het, en die deel van die volk wat nog oorgebly het, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in ballingskap weggevoer na Babel toe.
JER 39:10 Maar van die arm mense wat niks gehad het nie, het Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, in die land Juda laat agterbly en aan hulle wingerde en landerye in dié tyd gegee.
JER 39:11 Maar aangaande Jeremia het Nebukadrésar, die koning van Babel, bevel gegee deur middel van Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en gesę:
JER 39:12 Neem hom en hou jou oë oor hom en doen hom geen kwaad nie; maar doen met hom soos hy jou sal sę.
JER 39:13 Toe stuur Nebusarádan, die owerste van die lyfwag, en Nebusásban, die rábsaris, en Nergal-Saréser, die rabmag, en al die bevelhebbers van die koning van Babel--hulle het gestuur
JER 39:14 en Jeremia uit die voorhof van bewaking laat haal en hom oorgegee aan Gedálja, die seun van Ahíkam, die seun van Safan, om hom huis toe te bring. So het hy dan onder die volk gebly.
JER 39:15 Ook het die woord van die HERE tot Jeremia gekom, terwyl hy in die voorhof van bewaking opgesluit was, naamlik:
JER 39:16 Gaan en spreek met Ebed-Meleg, die Kusiet, en sę: So spreek die HERE van die leërskare, die God van Israel: Kyk, Ek bring my woorde oor hierdie stad ten kwade en nie ten goede nie, en dit sal voor jou oë vervul word in dié dag.
JER 39:17 Maar Ek sal jou in dié dag red, spreek die HERE; en jy sal nie oorgegee word in die hand van die manne vir wie jy bang is nie.
JER 39:18 Want Ek sal jou sekerlik laat vryraak, en jy sal deur die swaard nie val nie; maar jou siel sal vir jou 'n buit wees, omdat jy op My vertrou het, spreek die HERE.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com