Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 11

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 11:1 Toe het Sofar, die Naämatiet, geantwoord en gesê:
JOB 11:2 Moet die menigte van woorde onbeantwoord bly? Of moet 'n loslippige man reg hê?
JOB 11:3 Sou jou gepraat manne laat swyg, sodat jy spot--sonder dat iemand jou beskaamd maak--
JOB 11:4 en sê: Suiwer is my leer, en rein is ek in u oë?
JOB 11:5 Maar, ag, as Gód maar wou spreek en sy lippe open teen jou!
JOB 11:6 En jou bekend wou maak dat die verborgenhede van die wysheid die insig verdubbel! Sodat jy kan weet dat God vir jou 'n deel van jou skuld deur die vingers sien.
JOB 11:7 Kan jy die dieptes van God peil? Of sal jy kan deurdring tot by die volmaaktheid van die Almagtige?
JOB 11:8 Hoogtes van die hemel is dit--wat kan jy doen? Dieper as die doderyk--wat kan jy weet?
JOB 11:9 Langer as die aarde is die maat daarvan en breër as die see.
JOB 11:10 As Hy verbyskuiwe en gevange neem en 'n regsvergadering oproep--wie sal Hom dan teëhou?
JOB 11:11 Want Hy ken die valse mense, en Hy sien die ongeregtigheid sonder dat Hy juis daarop ag gee.
JOB 11:12 So kan dan 'n domme verstand verkry en 'n jong wilde-esel as mens gebore word.
JOB 11:13 As jy jou hart berei en jou hande uitbrei na Hom
JOB 11:14 --as daar ongeregtigheid in jou hand is, verwyder dit, en laat geen onreg in jou tente woon nie--
JOB 11:15 ja, dan sal jy jou aangesig kan ophef, vry van smet; en jy sal vasstaan sonder om te vrees.
JOB 11:16 Ja, jy sal die moeite vergeet; soos aan water wat verbygeloop het, sal jy daaraan dink.
JOB 11:17 En helderder as die middag sal die lewe oprys; is dit donker--dit sal wees soos die môre!
JOB 11:18 En jy sal vertrou, want daar is verwagting; en kyk jy rond--jy sal in veiligheid gaan slaap.
JOB 11:19 Ook sal jy lê sonder dat iemand jou skrikmaak; en baie sal jou guns soek.
JOB 11:20 Maar die oë van die goddelose sal versmag, en die toevlug is vir hulle verlore; en hulle verwagting is--uitblasing van die laaste asem.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com