Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 26

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 26:1 Maar Job het geantwoord en gesê:
JOB 26:2 Hoe goed het jy die onmagtige bygestaan, die kragtelose arm gehelp!
JOB 26:3 Hoe mooi het jy die onwyse raad gegee en beleid in oorvloed bekend gemaak!
JOB 26:4 Aan wie het jy woorde te kenne gegee, en wie se gees het uit jou uitgegaan?
JOB 26:5 Die skimme is beangs onder die waters en onder die bewoners daarvan.
JOB 26:6 Naak lê die doderyk voor Hom, en die plek van vertering het geen bedekking nie--
JOB 26:7 voor Hom wat die noorde uitspan oor die chaos, wat die aarde ophang oor 'n niks;
JOB 26:8 wat die waters saambind in sy wolke sonder dat die wolkgevaarte daaronder skeur;
JOB 26:9 wat die gesig van die troon toehou deurdat Hy sy wolk daaroor uitsprei.
JOB 26:10 Hy het 'n kring afgetrek oor die watervlakte tot waar lig in duisternis eindig.
JOB 26:11 Die pilare van die hemel wankel en staan verstom weens sy dreiging.
JOB 26:12 Deur sy krag bring Hy die see in beroering, en deur sy verstand verpletter Hy Rahab.
JOB 26:13 Deur sy asem word die hemel helder; sy hand het die vinnige slang deurboor.
JOB 26:14 Kyk, dit is maar die uitlopers van sy weë, en wat 'n fluisterwoord hoor ons maar van Hom! Wie sou dan die donder van sy magtige dade verstaan?

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com