Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 27

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 27:1 En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
JOB 27:2 So waar as God leef wat my my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het--
JOB 27:3 want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus--
JOB 27:4 my lippe spreek geen onreg nie, en my tong verkondig geen bedrog nie!
JOB 27:5 Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my onskuld nie prysgee nie.
JOB 27:6 Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart veroordeel geeneen van my dae nie.
JOB 27:7 My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.
JOB 27:8 Want wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny--as God sy siel wegneem?
JOB 27:9 Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?
JOB 27:10 Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?
JOB 27:11 Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.
JOB 27:12 Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?
JOB 27:13 Dít is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagtige ontvang:
JOB 27:14 as sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
JOB 27:15 Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
JOB 27:16 As hy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder--
JOB 27:17 hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
JOB 27:18 Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.
JOB 27:19 Ryk gaan hy lê, maar hy doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en--is nie meer nie.
JOB 27:20 Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
JOB 27:21 Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
JOB 27:22 En God werp op hom af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.
JOB 27:23 Hulle klap oor hom in hul hande en spot hom weg uit sy plek.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com