Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 9

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 9:1 Maar Job het geantwoord en gesê:
JOB 9:2 Waarlik, ek weet dat dit so is; en hoe kan 'n mens regverdig wees by God?
JOB 9:3 As hy sou begeer om met Hom te twis, nie een uit duisend sal hy Hom kan antwoord nie.
JOB 9:4 Hy is wys van hart en sterk van krag; wie was hardnekkig teen Hom en het ongestraf gebly?
JOB 9:5 Hy wat berge versit sonder dat hulle dit merk; wat hulle omkeer in sy toorn;
JOB 9:6 wat die aarde laat sidder uit sy plek, sodat sy pilare dril;
JOB 9:7 wat bevel gee aan die son, en hy gaan nie op nie, en die sterre agter 'n seël wegsluit;
JOB 9:8 wat alleen die hemel uitspan en stap op die golwe van die see;
JOB 9:9 wat die Beer gemaak het, die Oríon en die Sewe-ster en die Kamers van die Suide;
JOB 9:10 wat groot, ondeurgrondelike dinge doen en wonders sonder getal.
JOB 9:11 Gaan Hy by my langs, dan sien ek Hom nie, en Hy skuif verby sonder dat ek Hom bemerk.
JOB 9:12 Sleep Hy weg--wie sal Hom teëhou? Wie vir Hom sê: Wat maak U?
JOB 9:13 God wend sy toorn nie af nie; onder Hom moet die helpers van Rahab kruip.
JOB 9:14 Hoeveel minder sal ék Hom kan antwoord, sal ek my woorde kan kies teenoor Hom;
JOB 9:15 Hom wat ek nie kan antwoord nie, al was ek regverdig: ek kan my regter net om genade smeek!
JOB 9:16 As ek dagvaar en Hy my antwoord, glo ek nie dat Hy na my stem sal luister nie.
JOB 9:17 Hy wat my deur 'n stormwind sou vernietig en my wonde sonder oorsaak sou vermeerder;
JOB 9:18 my nie sou toelaat om asem te skep nie, maar my sou versadig met bitterhede.
JOB 9:19 Kom dit aan op die krag van die sterkste--hier is Ek! En kom dit op reg aan--wie kan My dagvaar?
JOB 9:20 Al was ek regverdig, my eie mond sou my veroordeel; al was ek onskuldig, Hy sou my as 'n verkeerde reken.
JOB 9:21 Vroom is ek! Ek gee niks om myself nie: ek verfoei my lewe!
JOB 9:22 Dit is net eenders--daarom sê ek: Die vrome en die goddelose vernietig Hy.
JOB 9:23 As die gésel skielik doodmaak, spot Hy met die vertwyfeling van die onskuldiges.
JOB 9:24 Die aarde is aan die mag van die goddelose oorgelewer, die gesig van die regters bind Hy toe. Is dit nie Hy nie, wie dan anders?
JOB 9:25 Ja my dae was gouer as 'n hardloper; hulle het weggevlug sonder om voorspoed te sien.
JOB 9:26 Hulle het verbygegly soos skepe van biesies, soos 'n arend wat neerskiet op sy prooi.
JOB 9:27 As ek sê: Ek wil my geklaag vergeet, my droewige gesig laat vaar en vrolik word,
JOB 9:28 dan is ek al bang vir al my smarte: ek weet dat U my nie sal vryspreek nie.
JOB 9:29 Ek sal tog skuldig wees--waarom sal ek my dan tevergeefs afmat?
JOB 9:30 Al was ek my met sneeu en reinig ek my hande met loog,
JOB 9:31 dan sou U my in 'n poel indompel, sodat my klere van my 'n afsku kry.
JOB 9:32 Want Hy is nie 'n man soos ek, dat ek Hom sou kan antwoord, dat ons saam na die gereg sou kan gaan nie.
JOB 9:33 Daar is geen skeidsregter tussen ons wat sy hand op ons twee kan lê nie.
JOB 9:34 Laat Hy sy roede van my wegneem, en laat sy verskrikking my nie beangstig nie;
JOB 9:35 dan wil ek spreek sonder dat ek vir Hom bevrees is; want só is dit met my nie gesteld nie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com