Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 16

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 16:1 Maar Job het geantwoord en gesê:
JOB 16:2 Dergelike dinge het ek al baie gehoor: treurige vertroosters is julle almal.
JOB 16:3 Kom daar nou 'n einde aan winderige woorde? Of wat prikkel jou dat jy antwoord?
JOB 16:4 Ek sou ook kon spreek soos julle as julle siel in die plek van my siel was; ek sou woorde aanmekaar kon koppel teen julle en my hoof oor julle skud;
JOB 16:5 ek sou julle kon versterk met my mond, en die troos van my lippe sou versagting aanbring!
JOB 16:6 As ek sou spreek, my smart word nie versag nie; en as ek ophou--watter verligting bring dit my?
JOB 16:7 Maar nou het Hy my uitgeput; U het my hele huishouding verwoes.
JOB 16:8 En U het my gegryp--'n getuie het dit teen my geword; en my siekte staan teen my op, dit getuig openlik teen my.
JOB 16:9 Sy toorn het verskeur en my as vyand behandel; Hy het teen my gekners met sy tande; as my teëstander kyk Hy my met skerp oë aan.
JOB 16:10 Hulle het hul mond teen my oopgespalk; smadelik het hulle my op die kakebeen geslaan; soos een man versamel hulle hul teen my.
JOB 16:11 God gee my oor aan slegte mense en werp my in die hande van die goddelose.
JOB 16:12 Ek het rustig gelewe; toe het Hy my verbrysel en my aan die nek gegryp en my verpletter; en Hy het my vir Hom as teiken opgestel.
JOB 16:13 Sy pyle gons om my heen; Hy splits my niere sonder verskoning; Hy werp my gal op die grond uit.
JOB 16:14 Bres op bres breek Hy in my; Hy loop my storm soos 'n held.
JOB 16:15 'n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my horing in die stof gesteek.
JOB 16:16 My gesig het rooi geword van geween, en oor my ooglede is daar 'n doodskaduwee;
JOB 16:17 alhoewel daar geen gewelddaad in my hande is nie en my gebed rein is.
JOB 16:18 o Aarde, moenie my bloed bedek nie, en laat daar geen rusplek vir my geroep wees nie.
JOB 16:19 Selfs nou, kyk, in die hemel is my Getuie; en Hy wat saam met my getuig, is in die hoogtes.
JOB 16:20 My vriende spot met my; uit my oog drup trane tot God--
JOB 16:21 dat Hy kan pleit vir 'n man by God en as Menseseun vir sy naaste.
JOB 16:22 Want maar min jare kom--dan bewandel ek 'n pad waarlangs ek nie terugkeer nie.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com