Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 40

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 40:1 En die HERE het Job uit 'n storm geantwoord en gesê:
JOB 40:2 Gord tog jou heupe soos 'n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
JOB 40:3 Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
JOB 40:4 Het jy dan 'n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
JOB 40:5 Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
JOB 40:6 Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
JOB 40:7 Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
JOB 40:8 Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in 'n verborge plek weg.
JOB 40:9 Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
JOB 40:10 Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos 'n bees.
JOB 40:11 Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
JOB 40:12 Hy hou sy stert reguit soos 'n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
JOB 40:13 Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
JOB 40:14 Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
JOB 40:15 Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
JOB 40:16 Onder lotusbome lê hy, in 'n skuilplek van riete en moeras.
JOB 40:17 Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
JOB 40:18 As die rivier swel--hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis 'n Jordaan teen sy mond.
JOB 40:19 Sal 'n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
JOB 40:20 Kan jy die krokodil met 'n hoek uittrek? En met 'n tou sy tong afdruk?
JOB 40:21 Kan jy 'n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met 'n haak deurboor?
JOB 40:22 Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
JOB 40:23 Sal hy 'n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
JOB 40:24 Sal jy met hom soos met 'n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
JOB 40:25 Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
JOB 40:26 Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met 'n vissersharpoen sy kop?
JOB 40:27 Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
JOB 40:28 Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal 'n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com