Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Job 12

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42]

JOB 12:1 Maar Job het geantwoord en gesê:
JOB 12:2 Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
JOB 12:3 Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
JOB 12:4 Ek moet 'n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het--'n belagging is die regverdige, die opregte!
JOB 12:5 Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
JOB 12:6 Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
JOB 12:7 Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
JOB 12:8 of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
JOB 12:9 Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
JOB 12:10 In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
JOB 12:11 Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
JOB 12:12 By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
JOB 12:13 By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
JOB 12:14 Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit 'n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
JOB 12:15 Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
JOB 12:16 By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
JOB 12:17 Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
JOB 12:18 Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind 'n lyfdoek om hulle heupe.
JOB 12:19 Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot 'n val.
JOB 12:20 Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
JOB 12:21 Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
JOB 12:22 Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
JOB 12:23 Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
JOB 12:24 Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in 'n wildernis, sonder pad.
JOB 12:25 Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos 'n dronk man.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com