Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 45

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 45:1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Lelies." Van die kinders van Korag. 'n Onderwysing. 'n Lied van die liefde.
PS 45:2 My hart word bewoë deur goeie woorde; ek dra my gedigte voor aangaande 'n Koning; my tong is die pen van 'n vaardige skrywer.
PS 45:3 U is veel skoner as die mensekinders; genade is uitgestort op u lippe; daarom het God U geseën vir ewig.
PS 45:4 Gord u swaard aan die heup, o held, u majesteit en u heerlikheid;
PS 45:5 ja, u heerlikheid! Ry voorspoedig ter wille van waarheid en ootmoed en geregtigheid; en laat u regterhand U vreeslike dinge leer!
PS 45:6 U pyle is skerp,Volke val onder U!; hulle tref in die hart van die Koning se vyande.
PS 45:7 U troon, o God, is vir ewig en altyd; die septer van u koninkryk is 'n regverdige septer.
PS 45:8 U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.
PS 45:9 Al u klere is mirre en alewee en kassie; uit ivoorpaleise maak snarespel U bly.
PS 45:10 Dogters van konings is onder u staatsdogters; die koningin staan aan u regterhand in goud van Ofir.
PS 45:11 Hoor, o dogter, en kyk en neig u oor, en vergeet u volk en die huis van u vader;
PS 45:12 en as die Koning u skoonheid begeer- want Hy is u Heer- buig u dan voor Hom neer.
PS 45:13 En, o dogter van Tirus- met geskenke sal hulle u guns soek, ja, die rykstes van die mense.
PS 45:14 Louter heerlikheid is die Koning se dogter daarbinne; van gouddraad is haar kleding.
PS 45:15 In veelkleurige gewade word sy na die Koning gelei; jonkvroue agter haar, haar vriendinne, word na U gebring.
PS 45:16 Hulle word gelei met vreugde en gejuig; hulle gaan in die Koning se paleis in.
PS 45:17 In die plek van u vaders sal u seuns wees; U sal hulle aanstel as vorste in die hele land.
PS 45:18 U Naam wil ek vermeld van geslag tot geslag; daarom sal die volke U loof vir ewig en altyd.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com