Compiled By Jeff Henderson from BibleDatabase Modules

Main Index: Afrikaans

 

Psalms 46

[1] [2] [3] [4] [5] [6] [7] [8] [9] [10] [11] [12] [13] [14] [15] [16] [17] [18] [19] [20] [21] [22] [23] [24] [25] [26] [27] [28] [29] [30] [31] [32] [33] [34] [35] [36] [37] [38] [39] [40] [41] [42] [43] [44] [45] [46] [47] [48] [49] [50] [51] [52] [53] [54] [55] [56] [57] [58] [59] [60] [61] [62] [63] [64] [65] [66] [67] [68] [69] [70] [71] [72] [73] [74] [75] [76] [77] [78] [79] [80] [81] [82] [83] [84] [85] [86] [87] [88] [89] [90] [91] [92] [93] [94] [95] [96] [97] [98] [99] [100] [101] [102] [103] [104] [105] [106] [107] [108] [109] [110] [111] [112] [113] [114] [115] [116] [117] [118] [119] [120] [121] [122] [123] [124] [125] [126] [127] [128] [129] [130] [131] [132] [133] [134] [135] [136] [137] [138] [139] [140] [141] [142] [143] [144] [145] [146] [147] [148] [149] [150]

PS 46:1 Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. 'n Lied.
PS 46:2 God is vir ons 'n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
PS 46:3 Daarom sal ons nie vrees nie, al waggel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die see.
PS 46:4 Laat sy waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy onstuimigheid! Sela.
PS 46:5 Die stroompies van 'n rivier maak die Godstad bly, die heiligste van die woninge van die Allerhoogste.
PS 46:6 God is daar binne-in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
PS 46:7 Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
PS 46:8 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.
PS 46:9 Kom, aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
PS 46:10 wat die oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
PS 46:11 Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
PS 46:12 Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is 'n rotsvesting vir ons. Sela.

 

Created with BibleDatabase HTML Compiler

© 2002 Worship Loud, Inc.
www.worshiploud.com